Antarktiese Stormvoël

Die Antarktiese stormvoël (Thalassoica antarctica) is 'n stormvoël met 'n opvallend gemerkte veredos.

Dit is inheems aan die kuswaters van Antarktika, waar dit veral in die Ross- en Weddellseë, die twee grootste baaie aan hierdie vasteland voorkom. By geleentheid sal hulle tydens die laat winter noordwaarts uitwyk, en is 'n baie seldsame besoeker aan Suid-Afrikaanse kuswaters. Hulle leef op Antarktiese kril, vis en klein inkvisse. Hulle voed terwyl hulle swem, maar duik ook af in die water, of vanuit die lug in die water. Die voël is 40 – 45 cm groot en weeg 550 – 780 g met 'n vlerkspan van 98 – 105 sentimeter. Die voël se rugkant is bruin met 'n wit subterminale band oor die vlerke en 'n smal bruin stertpunt. In Engels staan hierdie stormvoël as die Antarctic petrel bekend.

Antarktiese stormvoël
Antarktiese Stormvoël
Afgeneem aan die Antarktiese Skiereiland
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Thalassoica

L. Reichenbach, 1853
Spesie:
T. antarctica
Binomiale naam
Thalassoica antarctica
(J. F. Gmelin 1789)
Antarktiese Stormvoël
     verspreiding

Verspreiding en habitat

Soos die name van hierdie spesie aandui bewoon hulle die Suidelike Oseaan en broei op die Antarktiese eilande. Benewens benut hulle ysberge as rusplek, en is by geleentheid al 250 km binnelands aangeteken. Hulle maak nes op sneeuvrye kranslyste en rotshange aan die kuslyn of aflandige eilande. Broeikolonies kan tydens die Oktober–November broeityd oor die 200 000 broeipare bevat. Laat winter migreer hulle by geleentheid tot aan die Australiese, Nieu-Seelandse of Suid-Afrikaanse kuslyne, maar oorwegend wanneer hulle deur stormweer oorval word.

Broeigewoontes

Die Antarktiese stormvoël se broeityd strek van Oktober tot November. 'n Broeipaar lê 'n enkele eier wat vir 45 tot 48 dae geïnkubeer word, gevolg deur 'n neskuikenperiode van 42 tot 47 dae. Albei ouers broei op die eier, en in 4% van gevalle sal twee wyfies op die nes broei. Die eier het 'n 70 tot 90% kans om uit te broei. Die twee hoofoorsake van die verlies van 'n eier is predasie deur Suidpoolroofmeeue en die blote uitrol van 'n eier uit 'n nes, sodat dit vries.

Die kuikens is van hul ouers afhanklik vir warmte sowel as voedsel, en die fisiese welstand van die ouer bepaal die mate waartoe dit die kuiken kan voer. Voedselvoorsiening deur die ouers word ook aangepas na gelang van hul eie kondisie en die kuiken se behoeftes. In 'n kuikenuitruil-eksperiment is aangetoon dat ouerpare in beter kondisie 'n beter vooruitsig op 'n oorlewende kuiken het, en is benewens in staat om meer voedsel aan 'n kleiner kuiken te voorsien. Kuikens word teen 11 dae ouderdom onafhanklik van verwarming deur die ouers.

Status

Hierdie stormvoël het 'n beraamde verspreidingsgebied van 77 500 000 km2 en 'n bevolking bestaande uit tussen 10 en 20 miljoen volwassenes. Weens die spesie se besonder groot leefgebied en aansienlike getalle is dit deur die IUBN gekategoriseer as 'n veilige spesie.

Galery

Sien ook

Bron

Verwysings

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

InsekKommunismeKatDermpoliepSeksualiteitNiemetaalKongo-krisisThys die BosveldklongElandréGewone breukeMenslike skeletLetterkundeSeksuele stimulasieNarkoseEngelsKunsmatige intelligensieGriekwa-AfrikaansSeksuele opwekkingKankerGesondheidBuffelVoornaamwoordFabelRomeinse RykLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)DigvormSharpeville-slagtingSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeArmoedeEreksieLionel PetersonSkoenlapperKlereAfrikaanse TaalmonumentJan-Willem BreureErosietipesTermietInleiding tot die genetikaTandbederfProstaatkankerFotosinteseBaljuVryheidsmanifesAfrikaDonkieWerkwoordMaatskaplike verantwoordelikheidRosa ParksSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureTemperatuurDubbelpuntOlimpiese SpeleGetalTransatlantiese slawehandelZack du PlessisAardrykskundeNasionale VrouedagVaginaMenslike seksuele gedragUnited Democratic FrontMaatskappyWeermagChemiese elementRegverdige handelLeierJapanPussy RiotNagmaalLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaMisdaadPad na jou hartSpreeuKaapse VlakteAlliterasieSout (chemiese stof)Limfvatstelsel🡆 More