Die Angolaswael (Hirundo angolensis) is 'n swael en seldsame besoeker aan die grasveld en boomveld in die noorde van Namibië en Caprivistrook.
In Engels staan die voël bekend as die Angola swallow.
Angolaswael | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Hirundo |
Spesie: | H. angolensis |
Binomiale naam | |
Hirundo angolensis Barboza du Bocage, 1868 |
Die voël word 14 tot 15 cm groot en weeg 12 tot 20 gram. Dit is effens kleiner as die Europese swael. Die keel en frons is rooi; die rooi op die keel strek tot op die bors waar dit eindig in 'n smal, swart band. Die rugkant is donkerblou en die borskant is grys. Die stert is gevurk. Die jongeling is meer ligrooi as die volwasse voël.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Angolaswael, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.