Oos-Kaapse Rankaalwyn: Plantspesie

Die Oos-Kaapse rankaalwyn (Aloiampelos ciliaris), voorheen Aloe ciliaris, is 'n rankaalwyn wat endemies is aan die Oos-Kaap waar dit voorkom van Gqeberha tot Kentani.

Die plant se stam word tot 6 m lank en word deur omringende plantegroei gestut. Die stam is houtagtig en oor die grootste gedeelte blaarloos. Die blare word naby die punte van die takke gedra. Die blare is donkergroen en wyd gespasieer. Daar is wit haaragtige tande op die rand van die blare. Die bloeiwyse is gewoonlik 'n onvertakte raseem met groot helderrooi blomme met geel punte. Die plant blom regdeur die jaar.

Oos-Kaapse rankaalwyn
Oos-Kaapse Rankaalwyn: Galery, Subspesies, Sien ook
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eensaadlobbiges
Orde: Asparagales
Familie: Asphodelaceae
Subfamilie: Asphodeloideae
Genus: Aloiampelos
Spesie:
A. ciliaris
Binomiale naam
Aloiampelos ciliaris
(Haw.) Klopper & Gideon.F.Sm., 2013
Oos-Kaapse Rankaalwyn: Galery, Subspesies, Sien ook
Verspreidings-kaart
Sinonieme
  • Aloe ciliaris Haw.

Die plant groei in boomryke klowe en tussen bosse in ruig plantegroei in die Oos-Kaap van seevlak tot 600 m. Die naam ciliaris verwys na die harige fraiings.

Galery

Subspesies

Daar is vier subspesies:

  • Aloiampelos ciliaris var. ciliaris
  • Aloiampelos ciliaris nothovar. gigas (Resende) Gideon F.Sm. & Figueiredo
  • Aloiampelos ciliaris var redacta (S.Carter) Klopper & Gideon F.Sm.
  • Aloiampelos ciliaris var tidmarshii (Schönland) Klopper & Gideon F.Sm.

Sien ook

Bronne

Tags:

Oos-Kaapse Rankaalwyn GaleryOos-Kaapse Rankaalwyn SubspesiesOos-Kaapse Rankaalwyn Sien ookOos-Kaapse Rankaalwyn BronneOos-Kaapse Rankaalwyn

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Isambard Kingdom BrunelJudeaIndiëAkira ToriyamaISBNLys van woestyneKrokus Stadsaal-aanvalIndonesiëBorsteIndianeGeldSachin TendulkarSpanjePolisieSuid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en KunsISBN (identifier)WerkloosheidRenteAardeOorkruipersWes-SamoaJoodse kalenderAlex KrizhevskyGipsAstanaLiewe HeksieKnieSkrikkeljaarBysteekMaagsweerTwaalf Stamme van IsraelWiskundige terminologieBorskankerLikkewaanMeksikoWortelEngelse nasionale sokkerspanVratGiovanni di BicciTaalCleopatra VIIHemelvaart2024 Japannese Grand PrixLys van hoërskole in die Wes-KaapPousGroot TrekMacauMasturbasieJohann RossouwSamuel Bankman-FriedTropiese sikloonCarike KeuzenkampHolocaustDiarreeMosesFAK-sangbundelTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinSteve HofmeyrKen StarrASorina ErasmusOlimpiese Somerspele 2004Kaapse MaleiersBrandmondsindroom8 AprilPous Martinus V7de LaanSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Noord-KoreaVoortrekkermonumentInnes en Franna BenadéDansTrevor Nasser🡆 More