Albigensiese Kruistog

Die Albigensiese Kruistog (Frans: croisade des Albigeois of croisade contre les Albigeois) (1208-1249) was 'n kruistog wat deur die Katolieke Kerk teen kettery, hoofsaaklik die katharisme en tot 'n mindere mate die Waldense, uitgevaardig is.

Van die 12de eeu praat tekste uit die tydperk van die Albigensiese kettery sonder dat die gebied meer kathaars was as naburige streke.

Albigensiese Kruistog
Deel van die Kruistogte
Albigensiese Kruistog
Languedoc (en deel van die Koninkryk van Aragon) in 1209.
Datum 12091229
Ligging Languedoc, Frankryk
Resultaat Kruisvaarder en Franse oorwinning
Strydende partye
Albigensiese Kruistog Kruisvaarders

Albigensiese Kruistog Koninkryk van Frankryk

Albigensiese Kruistog Kathare

Albigensiese Kruistog Graafskap van Toulouse
Albigensiese Kruistog Kroon van Aragon

Aanvoerders
Albigensiese Kruistog Simon IV van Montfort (†)

Albigensiese Kruistog Filips II van Frankryk
Albigensiese Kruistog Lodewyk VIII van Frankryk

Albigensiese Kruistog Raymond Roger Trencavel

Albigensiese Kruistog Raymond VI van Toulouse
Albigensiese Kruistog Pieter II van Aragon (†)

Albigensiese Kruistog
Monument ter ere van die tweehonderd kathare wat aan die einde van die beleg van Montségur (16 Maart 1244) verbrand is.

Katharisme was veral in Languedoc, wat deur twee families oorheers is, die Huis van Toulouse en die Huis Trencavel, gevestig. Nadat hulle nie daarin kon slaag om 'n gemeenskalike front te vorm nie het die graaf Raymond VI van Toulouse besluit om oor te loop, terwyl Raimond-Roger Trencavel hom voorberei het vir verdediging teen die kruistog. Nadat Béziers en Carcassonne ingeneem is en die burggraaf Trencavel gevangene geneem is, het die kruisvaarders een van hulle eie, Simon van Montfort gekies om die stryd voort te sit (1209). Die kruistog het spoedig ontwikkel in 'n veroweringsoorlog, eerstens deur die Graaf Simon van Montfort, daarna na die dood van laasgenoemde (1218) en die mislukking van sy seun Amaury, tot die voordeel van die Franse Kroon. Dit het nie 'n einde gebring aan die vervolging van Khatare nie, eers onder aanvoering van plaaslike biskoppe en later onder die Inkwisisie (vanaf 1233).

Uiteindelik is die burgraafskappe van Carcassonne, Albi en Béziers onder die koninklike domien verenig in 1226; die Graafskap van Toulouse het oorgegaan na Alphonse van Poitiers, 'n broer van Lodewyk die Heilige in 1249 en is in 1271 geannekseer. Die Languedoc, wat hom aan die begin van die 13de eeu nog onder die invloedsfeer van die Koninkryk van Aragon bevind het, het teen die einde van die eeu onder die Koning van Frankryk geval. In die tydperk is die katarisme uitgeroei in Languedoc en het daar slegs 'n paar katare in Lombardye geskuil.

Tags:

1208124912de eeuFransKatharismeKatolieke KerkKetteryKruistogWaldense

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Rassisme in AfrikaWapen van NamibiëShakaSeksueel oordraagbare infeksieCarles PuigdemontAfrikaanse WikipediaYslandConsolidated B-24 LiberatorGesondheidSuurreënDurbanReënTopsy SmithSteenkool in Suid-AfrikaBeroerteGoogleBosluisbytkoorsPlae van EgipteRenosterDonderstormRoemeensBedreigde spesieGeslagVerkragtingTafelsoutKatoenKongo-krisisKaapstadse waterkrisis 2015-201823 AprilEkonomieSinoniemGetalDrakensbergeSlangBlaarGasMaselsVolhoubaarheidHamburgerBoerboelMuskietNatriumsulfietLys van Suid-Afrikaanse musikanteTolla van der MerweVolhoubare ontwikkelingOnderwerp (taalkunde)Noord-KaapJudaïsmeMeeueGqeberhaOrale seksLabia (geslagsdele)JeuksiektePinksterKinkhoesOorstromingKlimaatRobert SobukweInsekCheslin KolbeBybelChroniese siekteHidroëlektrisiteitPenisNazi-DuitslandHartaanvalNommertekenKoue OorlogLien se lankstaanskoeneBlack SashPaasfees2001NederlandHorlosieKindermishandeling🡆 More