Adam Dollard Des Ormeaux

Adam Dollard, sieur des Ormeaux (Dollard des Ormeaux; in sy doodsertifikaat word sy naam Daulat gespel, terwyl ook spellings soos Daulac voorkom) (23 Julie 1635 - 25 Mei 1660) was die kommandant van die fort in Ville-Marie (die huidige Montreal), Nieu-Frankryk.

Hy het op die ouderdom van 22 jaar na Nieu-Frankryk gekom en is deur Maisonneuve in diens geneem.

Adam Dollard des Ormeaux
Adam Dollard Des Ormeaux
Die standbeeld van Adam Dollard des Ormeaux in Montreal se Lafontaine-park
Gebore23 Julie 1635
Ormeaux, Brie, Frankryk
Sterf25 Mei 1660
Carillon, Nieu-Frankryk
Bekend virSlag van Long Sault

In die lente van 1660 het hy saam met 16 metgeselle 'n klein fort naby die Long Sault-stroomversnellings teen 'n groot leër van die Irokesestam verdedig. Sowat 'n week later het hulle gesneuwel toe kruit in die fort ontplof het.

19de eeuse geskiedkundiges het die slag tussen Irokese en Franse setlaars uitgebeeld as 'n godsdienstige en nasionalistiese heldedig waarin Rooms-Katolieke hulself opsetlik opgeoffer het om 'n aanval op die kolonie Nieu-Frankryk af te weer. Adam Dollard word as een van die "helde van Nieu-Frankryk" vereer, aangesien sy weerstand moontlik 'n beplande Irokese aanval op die kolonie Nieu-Frankryk vertraag het. Dollard-Des Ormeaux, 'n stad in die metropolitaanse gebied van Montreal met 48 000 inwoners, is na Adam Dollard vernoem.

Verwysings

Tags:

1635166023 Julie25 MeiMontrealNieu-Frankryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PapegaaieTarentaleJuan Antonio VillacañasGeorge-museumTandbederfStemhebbendheidLaingsburgvloedHolocaustWetenskaplike klassifikasieVennootskapSenuweestelselTurkyeFrankrykSportLidwoordAalwynLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameSwangerskapHomoniemRumatiekCristina Fernández de KirchnerDie VaderlandLipblommeVrou606ApartheidArgentiniëNetbalHenry CavendishVerenigde StateBloukraanvoëlAgtervoegselOmtrek, oppervlakte en volumeWilliams Grand Prix EngineeringAfleiding (taalkunde)AfrikaansMoslemBegrotingVulvaSeksuele oriëntasieKijifFacebookHaasLGBTSoogdierMarie PentzKilometer per uurJazzLys van landeLongDiarreeSkaakJaco JacobsKatastrofiese beseringsAustraliëSolly OzrovechTropicosStikstofGeloftedagMangelBiljoenKunsmatige intelligensieBrugTransgenderRiley VoelkelEkonomie van Suid-AfrikaGrondbewerkingTydbestuurBeesWikiquoteKaliforniumOutismeKoppeltekenJodeYouTubeFormule EenRinkhals🡆 More