Die AP kerk Ventersdorp is 'n gemeente van die Afrikaanse Protestantse Kerk op die dorp met dieselfde naam in Noordwes.
Die gemeente was een van die eerste wat gestig is ná die ontstaan van die APK en het sy amptelike beslag gekry op 12 Julie 1987. Die huidige leraar is ds. F. de Bruin, wat ds. Armand van Zyl, voorheen van Potchefstroom, opgevolg het. Die gemeente het in 2010 206 belydende en 53 dooplidmate gehad. In 2014 was dit onderskeidelik 135 en 43 en in 2015 149 en 48.
Die kerk was op 9 April 2010 in die nuus toe die vermoorde leier van die AWB, Eugène Terre'Blanche, daaruit begrawe is.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article AP kerk Ventersdorp, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.