469219 Kamoʻoalewa: Asteroïde

469219 Kamoʻoalewa (2016 HO3) is ’n asteroïde wat op 27 April 2016 ontdek is en moontlik die Aarde se stabielste kwasi-satelliet is.

Kamoʻoalewa   
469219 Kamoʻoalewa: Beskrywing, Galery, Verwysings
Gesimuleerde wentelbaan.
Wentelbaaneienskappe
Afelium 1,105 AE
Perihelium 0,896 AE
Halwe lengteas 1,001 AE
Wentelperiode 1 jaar
(365,93 dae)
Gem. anomalie 297,532°
Gem. beweging 0° 59m 1.652s /dag
Baanhelling 7,771°
Lengteligging van stygende nodus 66,513°
Periheliumhoek 307,227°
Minimum baankruisingsafstand: Aarde 0,034 AE
Minimum baankruisingsafstand: Jupiter 4,063 AE
Fisiese eienskappe
Afmetings 41 m
Spektraaltipe: S
Absolute magnitude 24,183

Beskrywing

Terwyl Kamoʻoalewa om die Son beweeg, lyk dit of dit ook om die Aarde wentel. Hoewel dit te ver is om as ’n ware natuurlike satelliet van die Aarde beskou te word, is dit die naaste en tot dusver stabielste voorbeeld van ’n naby-aarde-voorwerp, of kwasi-satelliet.

"Omdat 2016 HO3 om ons planeet beweeg, maar nooit ver weg gaan terwyl ons om die Son wentel nie, verwys ons daarna as ’n kwasi-satelliet van die Aarde," sê Paul Chodas, bestuurder van Nasa se Sentrum vir Naby-aarde-voorwerp (NAV)-studies by die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië. "Een ander asteroïde – 2003 YN107 – het meer as 10 jaar gelede vir ’n ruk ’n soortgelyke wentelpatroon gevolg, maar het intussen ons omgewing verlaat. Hierdie asteroïde is stabieler. Ons ramings toon Kamoʻoalewa is al meer as ’n eeu lank ’n stabiele kwasi-satelliet van die Aarde en sal dit nog eeue lank bly."

In sy wentelbaan om die Son is die asteroïde meer as die helfte van die tyd nader aan die Son as die Aarde en beweeg dit voor ons uit. Die ander helfte van die tyd is dit verder weg as die Aarde en raak dit agter. Sy wentelbaan is ook effens gekantel, en daarom beweeg dit een keer per jaar op en af deur die Aarde se wentelbaan. Hierdie oorspringspeletjie met die Aarde sal nog eeue lank duur.

Die asteroïde se wentelbaan beweeg van jaar tot jaar effens vorentoe of agtertoe, maar sodra dit te ver weg beweeg, hou die Aarde se swaartekrag dit terug sodat dit nooit verder as 100 keer die afstand van die Maan is nie, sê Chodas. "Dieselfde effek keer ook dat die asteroïde ooit nader aan die Aarde kom as sowat 38 keer die maanafstand. Hierdie klein asteroïde is eintlik in ’n soort dans met die Aarde gewikkel."

Kamoʻoalewa is die eerste keer op 27 April 2016 deur die Pan-STARRS 1-asteroïdewaarnemingsteleskoop in Hawaii waargeneem. Die voorwerp se grootte is nog nie vir seker vasgestel nie, maar dit is waarskynlik sowat 40–100 m in deursnee.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

469219 Kamoʻoalewa Beskrywing469219 Kamoʻoalewa Galery469219 Kamoʻoalewa Verwysings469219 Kamoʻoalewa Eksterne skakels469219 KamoʻoalewaAardeAsteroïde

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Greta ThunbergLangste woordErfenisPersMonopolyLewerVarkgriepAvbobVoortrekkersJohannesburgSuid-Afrikaanse InkomstediensChromatografieWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaPlastiekGedigBesoedelingDesimale breukeDesmond TutuUniversele Verklaring van MenseregteMartin Luther King jr.DeelwoordHamburgerKatVaginale kankerMorfeemBerilliumJodeNasionale VrouemonumentKommunismeAfro-AmerikanersAnale kankerC.J. LangenhovenVaalrivierJeuksiekteApostoliese GeloofsendingTrigeminale neuralgieSelfoonAngolese BurgeroorlogToerismeDialoog in fiksiePriemgetalWet op Bantoe-onderwysLikkewaanPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaOnderhandelinge om apartheid te beëindigKalenderRenaissanceMiddelmisbruikShakaDinosourusEuropaBoelieryBreedtegraadHaasKoos BekkerKoperGriekwa-AfrikaansRivierLionel PetersonLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Olimpiese SpelePinksterKongo-krisisKontinentAfrikaanse Taalmonument (Welkom)NiersteenXenofobieKlinkerAfrikaanse WikipediaYslandDonderstormGeskiedenis van Suid-AfrikaLimfvatstelselSwemSeksisme🡆 More