Die vlag van Sint Pierre en Miquelon is ’n nie-amptelike vlag van die Franse oorsese gebied.
Die vlag vertoon aan die vlagpaalkant drie ewe groot vlae van bo na onder van Baskeland, Bretagne en Basse-Normandie en aan die wapperkant ’n goue skip op ’n blou agtergrond.
Gebruik | Ander |
---|---|
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 1982 |
Ontwerp | Aan die vlagpaalkant, drie ewe groot vlae van bo na onder van Baskeland, Bretagne en Basse-Normandie en aan die wapperkant ’n goue skip op ’n blou agtergrond. |
Volgens oorlewering stel die skip op die vlag die Grande Hermine voor waarmee Jacques Catrier op 15 Junie 1535 in Saint Pierre aangekom het. Die drie vlae aan die vlagpaalkant stel die areas voor waar die meeste van die inwoners van Sint Pierre en Miquelon vandaan kom, naamlik Baskeland, Bretagne en Basse-Normandie.
Die vlag geniet geen amptelike status in Frankryk of op Saint-Martin self nie.
Wiki Commons bevat media in verband met Vlae van Sint Pierre en Miquelon. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Vlag van Sint Pierre en Miquelon, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.