Vaals (Ripuaries en Limburgs: Vols) is 'n dorp en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat grens aan die Waalse provinsie Luik en aan die Duitse stad Aken in die deelstaat Noordryn-Wesfale.
Die munisipale gebied het sowat 10 173 inwoners (31-01-2023) en 'n oppervlakte van 24 km². Die dorp Vaals het sowat 8 000 inwoners (2003).
Vaals Vols | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Uitsig op Vaals | |
Ligging van Vaals-munisipaliteit in Limburg | |
Koördinate: 50°46′22″N 6°01′05″O / 50.77278°N 6.01806°O 6°01′05″O / 50.77278°N 6.01806°O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Limburg |
Regering | |
• Burgemeester | Reg van Loo (onafhanklik) |
Oppervlak | |
• Totaal | 23,90 km2 (9,23 vk. myl) |
• Land | 23,89 km2 (9,22 vk. myl) |
• Water | 0,01 km2 (0,004 vk. myl) |
Hoogte | 185−235 m (−590 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 9 599 |
• Digtheid | 402/km2 (1 043,3/vk. myl) |
Tydsone | +1 |
Poskode | 6290-6295 |
Skakelkodes | 043 |
Webwerf | www.vaals.nl |
Die gesamentlike grens van België, Duitsland en Nederland – die Drielandepunt genoem – lê in hierdie munisipaliteit, op die Vaalserberg (323 m), tewens (kontinentaal) Nederland se hoogste punt.
In die munisipaliteit word Vaals gepraat, wat 'n variant is van die Ripuariese dialek, maar deur die Vaals se inwoners as 'n variant van die Limburgse dialek beskou word.
Plekke in die munisipale gebied van Vaals:
Camerig, Cottessen, D'n Esch, Harles, Holset, Mamelis, Melleschet, Nieuw-Lemiers, Oud-Lemiers, Raren, Rott, Vaals (dorp), Vaalsbroek, Vijlen en Wolfhaag.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Vaals, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.