Lockheed se Skunk works (Engels skunk beteken muishond) verwys na vertroulik projekte (ook swartprojekte) wat hoofsaaklik vir die Amerikaanse Lugmag onderneem is/word.
Die term word ook gebruik vir projekte wat werknemers sonder kennis van die maatskappy se bestuur uitvoer.
Oorspronklik was die naam Skunk Works deur Lockheed Martin gebruik as 'n semi-amptelike naam vir die navorsing- en ontwerpsafdeling Skunk Werke, wat 'n belangrike rol gedien het in die ontwikkeling van baie, soms geheime, vliegtuigprojekte.
Ben Rich en "Kelly" Johnson gee die oorsprong aan as Junie 1943 in Burbank, Kalifornië. Hulle verskaf basies dieselfde kronologie in hul outobiografieë, nou die amptelike Lockheed Skunk Works-storie:
Die "Air Tactical Service Command" (ATSC) van die U.S. Army Air Force het vroeg in 1943 aan Lockheed Aircraft Corporation sy behoefte vir 'n straaljagter verduidelik. 'n Vinniggroeiende Duitse stralerbedreiging het Lockheed die geleentheid gebied om 'n vliegtuig te ontwikkel met die kragtigste stralerenjin wat die geallieerde magte op daardie stadium toegang toe gehad het, nl. die Britse Goblin. Lockheed is gekies om die straalvegter te ontwikkel omrede sy vorige belangstelling in stralerontwikkeling en sy vorige kontrakte met die Amerikaanse Lugmag. Een maand na die ATSC-Lockheedvergadering, het die jong ingenieur Clarence "Kelly" Johnson en ander mede-ingenieurs die aanvanklike XP-80 voorstel per hand aan die ATSC afgelewer. Twee dae later is die groen lig aan Lockheed gegee om ontwikkeling te begin, en die Skunk Works is gebore, met Kelly Johnson aan die stuur.
Die formele kontrak vir die XP-80 het Lockheed eers op 16 Oktober 1943 bereik; sowat vier maande nadat werk reeds begin het. Dit blyk later 'n algemene praktyk by die Skunk Works te wees. Vele kere het 'n kliënt by die Skunk Works opgedaag met 'n versoek vir 'n produk, en met slegs 'n handdruk het die projek begin, met geen kontrakte in plek of enige amptelike voorleggingsproses nie. Kelly Johnson en sy span by Skunk Works het die XP-80 in net 143 dae ontwerp en gebou, sewe minder as wat vereis was.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Skunk Works, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.