Rambynas

Rambynas (Litaus: Rambynas of Rambyno kalnas, Duits ook Rombinus) is 'n heuwel op 'n hoogte van sowat 46 meter wat in 'n rivierkronkel van die Nemunas in die vroeëre streek Memelland (Wes-Litaue) naby die grens met die Russiese Kaliningrad-oblast geleë is.

Die heuwel maak deel uit van die Gewestelike Rambynas-park. Nabygeleë nedersettings sluit Pagėgiai en Tauragė in Litaue en Neman en Sovetsk in die Russiese eksklawe Kaliningrad-oblast in.

Rambynas
Rambyno kalnas
Rambynas
Die beboste Rambynas
Rambynas
Uitsig vanaf die heuwel
Rambynas
Die Nemunas, soos gesien vanaf die Rambynas

Die heuwel word deur die Nemunas-rivier onderspoel. In 2003 is 'n bewaringsprojek aangepak om verdere erosie te verhoed.

Kultuurgeskiedenis

Die heuwel word algemeen as die heilige berg van die Skalwiërs en Litauers beskou en het reeds voor die tyd van die Duitse Orde as heiligdom gedien. Nog in die 18de eeu het Rooms-Katolieke Litauers pelgrimstogte na die heuwel onderneem om die ou gode se seën te verkry. Voordat die heuwel in die vroeë 19de eeu deur die Nemunas onderspoel is, was daar 'n ou altaar op die heuwelpiek.

Die heuwel speel 'n sentrale rol in Johannes Bobrowski se verhaal Litauische Claviere wat die kulturele ontwaking van Pruisiese Litauers in die laat 19de eeu behandel.

Rambynas het sy gewildheid in die 20ste eeu onder meer aan die digter Vydūnas te danke wat hier koorkonserte georganiseer het. Die heuwel is vandag steeds 'n misties-heidense plek waar tydens die Litause Midsomerfees Joninės op 24 Junie feesvierings plaasvind.

Tags:

DuitsEksklaweKaliningrad-oblastLitaueLitausMemellandNemunasRusland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PalestyneEreksieFransWet op Afsonderlike GerieweBateFietsLuiperdVraag en aanbodOrgasmeBrugDieregeluideAfrikaanse woordelys en spelreëlsByvoeglike naamwoordVleilandReënspinnekopLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaGroenAgtervoegselBreyten BreytenbachPrivaat maatskappyHoutVlinderSuid-Afrikaanse InkomstediensBaarmoederBesoedelingWaterstofGlobaliseringXhosaThys die BosveldklongCalviniaNarsistiese persoonlikheidsteuringVloeistofBruce FordyceBreinvliesontstekingWewervoëlsHutsmerkPersoonlike voornaamwoordTierboskatKewerMateriaalKolonisasieWapen van Suid-AfrikaKorrupsieBeroerteXenofobieSuid-Afrikaanse randRugbyGeboorteItaliëTekstielJudaïsmeOorKilometerSonMoskouErebus (berg)QSenuweestelselPatriotic AllianceInligtingTafelbergVisMuscat Internasionale LughaweOligopolieCorioliskragMenstruasieOseaanbesoedelingAngolese BurgeroorlogRefentse MorakeBosluisbytkoorsLenteAngssteuringLeonardo da VinciDwelmmiddelAfrikaansKuberkraker🡆 More