Oktober 2020 Veldbrande In Die Wes-Vrystaat: Vernietigende veldbrande, 18 tot 24 Oktober 2020, in Suid-Afrika

Die Wes-Vrystaatse veldbrande van Oktober 2020 het groot dele landbougrond van 'n belangrike landboustreek, die Tokologo en Tswelopele Plaaslike Munisipaliteite, in puin gelê tydens warm en winderige toestande.

Die brande is vanaf Hertzogville deur die wind in 'n oos- en suidoostelike rigting gedryf, en het na bewering op Sondag 18 Oktober ontstaan toe betogers ’n Jojo-watertenk en/of buitebande op die R708-pad net buite die dorp aan die brand gesteek het.

Oktober 2020 Veldbrande In Die Wes-Vrystaat: Vernietigende veldbrande, 18 tot 24 Oktober 2020, in Suid-Afrika
Die areas wat deur die brande geteister is.

Kort daarna het nog drie brandpunte ontstaan, waaronder een tussen Kimberley en Warrenton wat teen 10 km per uur ooswaarts voortgewaai is. Die vierde brand wat laatnag op 'n plaas naby Christiana ontstaan het kon gou deur 'n span werkers geblus word. Teen Vrydag 23 Oktober is die brande grootliks onder bedwang gebring, maar teen Saterdagmiddag is daar steeds brande geblus.

Skade

Meer as 100 kommersiële boere, benewens hoewe-eienaars, is deur die brande geaffekteer. 1 800 stuks vee benewens wild het in die brand omgekom, of het brandwonde opgedoen. Plaasgeboue en meer as 130 000 ha weiveld het afgebrand, en daar is gevrees dat sekere boere kan bankrot speel. 'n Jong boer van Hertzogville het op 19 Oktober tydens die brandslaan 40% derdegraadse brandwonde opgedoen, en moes ook behandeling vir rookinaseming ontvang. Verskeie ander brandslaners is ook beseer.

Optrede en hulpverlening

Die Hertzogville-betogers was ontevrede met die kwaliteit van water wat aan hulle gelewer word. Die SAPD het 17 verdagtes vir kwaadwillige saakbeskadiging in hegtenis geneem, terwyl Agri Hertzogville ’n saak van brandstigting aanhangig gemaak het. Agri Hertzogville het ook hulpverlening georganiseer, en honderde mense en instansies het op Saai en Vrystaat Landbou (VL) se oproepe om hulpverlening gereageer. Voer, vee en finansiële bydraes is ontvang, en ondernemings het aangebied om te help met verlore infrastruktuur.

Verwysings

Tags:

HertzogvilleR708 (Suid-Afrika)Tokologo Plaaslike MunisipaliteitTswelopele Plaaslike Munisipaliteit

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Swart menseDoelwitNG gemeente JansenvilleOseaanbesoedelingInsekVrouWayde van NiekerkDialoog in fiksieMobutu Sese SekoDrinkwatervoorsieningYouTubeMetaalApokriewe boekeSuid-Afrikaanse randToerismeVingerseksGalileo GalileiChristendomAmhariesJavaScriptOm-te-infinitiefkonstruksieAartappelDiskriminasieBladwisselendGautengHaasSimboolBreinkaartPapierVarkgriepOranjerivierKrimpvarkieLys van bekende Suid-AfrikanersVerenigde State van AmerikaLimpopo (rivier)RassismeHemelvaartVerkleinwoordKlimaatsverandering in Suid-AfrikaLettergreepGewone breukeKopieregProteïenMisdaadromanDonkieHolocaustJaarAtoomBreinvliesontstekingGeldTelkomReënspinnekopSuikersiekteKrugerwildtuinLieweheersbesieReënOos-KaapIndustriële RevolusieWerkloosheidWoordeboek van die Afrikaanse TaalTsongaKewerDokterVersamelnaamSwart nasionalismeSuid-Afrikaanse GrensoorlogBeesJapie GreylingMantisAfrikaanse Taalmonument🡆 More