Christiana is 'n dorp in die suidweste van Noordwes op die oewer van die Vaalrivier.
Christiana | |
---|---|
Christiana se treinstasie | |
Koördinate: 27°55′12″S 25°9′36″O / 27.92000°S 25.16000°O 25°9′36″O / 27.92000°S 25.16000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Dr. Ruth Segomotsi Mompati |
Munisipaliteit | Lekwa-Teemane |
Stigting | 1870 |
Oppervlak | |
• Totaal | 50,2 km2 (19,4 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 3 571 |
• Digtheid | 71/km2 (180/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 77.6% |
• Indiërs/Asiërs | 1.1% |
• Bruin mense | 3.3% |
• Swart mense | 16.6% |
• Ander | 1.4% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 84.9% |
• Tswana | 7.2% |
• Engels | 4.4% |
• Ander | 3.5% |
Poskode (strate) | 2680 |
Poskode (posbusse) | 2680 |
Skakelkode | 053 |
Die dorp het sy bestaan te danke aan diamante. Weens baie dispute oor grondbesit in die onderste lope van die Vaalrivier, het die regering in 1870 besluit om 'n dorp te stig op die plaas Zoutpansdrif en die eerste woonerwe is verkoop. Dit is vernoem na die dogter van die Voortrekkerleier Andries Pretorius, wat die rivier hier oorgesteek het. Twee jaar later is diamante ook in die spoelgruis van die Vaalrivier by Christiana ontdek wat tot nog 'n diamantstormloop gelei het. Die stormloop het ook gou tot 'n einde gekom.
Die distrik is 1 900 km² groot. Die produksie van beesvleis, mielies, sorghum, grondbone en katoen is die belangrikste ekonomiese bedrywighede. Dit is vandag 'n belangrike boerderysentrum, veral weens die nabyheid van die Vaalharts-besproeiingskema.
Die N12 nasionale pad gaan deur Christiana.
Die Rob Ferreira-natuurreservaat en vakansieoord is ongeveer 6 km noordoos van die dorp. Die mineraalfonteine se water is louwarm (36,7°C). Christiana is ook die eerste dorp waar die Britse magte die Transvaalse grens oorgesteek het tydens die Tweede Vryheidsoorlog.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Christiana, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.