Nuuseum: Nie-winsgewende maatskappy geskep om Afrikaanse kulturele erfenis digitaal te bewaar vir toekomstige geslagte

Nuuseum is ‘n maatskappy sonder winsoogmerk wat geskep is om ’n opvoedkundige hulpbron en ’n interaktiewe museumplatform daar te stel vir die behoud van ’n inklusiewe Afrikaanse kultuurerfenis.

Nuuseum se missie is om te verseker dat alles wat in Afrikaans geskep is en geskep word, digitaal bewaar word en ook om hierdie erfenis toeganklik te maak vir almal.

Agtergrond

Nuuseum is in 2017 gestig deur Karen Meiring, Herman Binge, Albert Geldenhuys en Christoff Pauw, wat ook gedien het as die eerste lede op die direksie. Die direksie is verder uitgebrei met die aanstelling van Japie Gouws, Michael Jonas, Ilse Assmann, Leslie van Rooi, en Tim du Plessis. Dr. Lizabé Lambrechts is in 2022 aangestel as die uitvoerende hoof.

Nuuseum stel ditself ten doel om ‘n bewaarder te wees van “materiaal van geskiedkundige, wetenskaplike, maatskaplike, geestelike, taalkundige en tegnologiese waarde, soos dit voorkom in onder meer die nuusmedia, uitvoerende kunste, beeldende kunste, televisie en filmmateriaal, familiestambome, kerkgeskiedenis en landbou.” Voorheen afgeskeepte en ongedokumenteerde geskiedenis sal ook ingesamel en bewaar word. Nuuseum se uiteindelike doelwit is om die grootste digitale argief van Afrikaanse materiaal skep, vir die toekoms bewaar en dit beskikbaar stel vir navorsing, kreatiewe projekte en nuuskieriges.

In November 2023 was Nuuseum ook een van die stigterslede van die Beyweraars vir die Afrikaanse Wiki. Hierdie groep se hoofdoel is om ondersteuning te gee om toe te sien dat die somtotaal van mensekennis op 'n vrye Afrikaanse digitale ensiklopedie beskikbaar sal wees as nalatenskap vir Afrikaanssprekendes nou en in die toekoms.

Werkswyse

Nuuseum fokus op digitale argivering en die ontwerp en bou van ’n omvattende databasis om die toeganklikheid van inligting te optimaliseer.

Ons werk nou saam met instansies, erfeniskundiges en individue om hierdie werk moontlik te maak. Weens ons land se geskiedenis sluit die meeste materiaal wat in argiewe bewaar word, die grootste deel van ons land se bevolking uit. Soos hierbo genoem, wil Nuuseum sulke voorheen ongedokumenteerde Afrikaanse geskiedenis soek en digitaal bewaar. Versamelings sluit ook baie populêre materiaal uit wat nie belangrik genoeg geag is om te bewaar nie. Baie van hierdie materiaal is in privaat besit en is blootgestel aan risikofaktore. Die uitreik na individue en die versamel van materiaal wat in privaat besit is, is ’n belangrike en noodsaaklike deel van ons werk.

Nuuseum verskaf dienste aan argiewe, museums en biblioteke waar ’n tekort aan hulpbronne die toeganklikheid en bewaring van materiaal bemoeilik. Dit sluit in die opstel van inventarisse, digitalisasie van materiaal, digitale bewaring en die skep van platforms om die materiaal beskikbaar te maak.

Bronne

Tags:

Afrikaans

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Gewone breukeDansApartheidVerkleinwoordPerdOnderwerp (taalkunde)Carike KeuzenkampLys van medisinale kruieHernubare energieHolocaustLieweheersbesieLeeuLabia (geslagsdele)Afrikaanse TaalmonumentArmoedeverligtingHorlosieKlein-KarooVoëlSonja HerholdtEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaPubliekKalenderTydJagluiperdBedryfstelsel (inligtingstegnologie)Lien se lankstaanskoeneTuberkuloseAlliterasieKernkragEkonomie van Suid-AfrikaMisdaadOnse VaderLys van elemente volgens simboolJan-Willem BreureKlein gekolde katOranjerivierViëtnamoorlogBeesDirekte en Indirekte redePuntSkerpioenThomas EdisonVoorsetselTsongaMigrasie van voëlsAtlantiese OseaanMaatskaplike verantwoordelikheidPornografieAnale seksHeuningbyKoos du Plessis24 AprilMag (sosiale wetenskappe)DarwinismeGreen PornoSportTrevor NasserMiljardPad na jou hartNatuurbewaringSendelingposisieVoorvoegselSwart menseMeningsverskil oor aardverwarmingKrampSterVerkoueEkostelselGoogleMoedersdagDriedimensioneelElana AfrikaAnrich HerbstHoofkarakterVryheidsmanifesProteaRekenaar🡆 More