Monica Breed: Suid-Afrikaanse omroeper, aktrise en skrywer

Monica Breed was ’n baanbreker Afrikaanse omroeper, aktrise en skrywer van kleuterprogramme en hoorbeelde.

Sy was een van die eerste omroepers van die Afrikaanse radiodiens van die SAUK. Sy was ook bekend as skryfster vir die radio en as radio- en rolprentaktrise, onder meer in Die vlindervanger (1976).

Monica Breed
Geboorte 28 Maart 1923
Reitz
Sterfte 25 Mei 2021 (98)
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep Omroeper, aktrise en skrywer
Eerbewyse Afrikoon-toekenning

Lewe en werk

Wilhelmina Monica Breed is op 28 Maart 1923 op Reitz in die Vrystaat gebore as een van vyf kinders van Abraham Liebrecht Breed en Philippina Johanna Cornelia Loots. Haar ouer suster, Helena Catharina, is dood toe sy slegs sowat ’n jaar oud was, sodat sy effektief die oudste kind in die familie is. Sy het twee susters, Johanna Cornelia en Emelia Ester, en ’n broer, Johannes Augustinus. Sy matrikuleer op Reitz. In haar matriekjaar skryf sy saam met ’n skoolmaat ’n toneelstuk vir opvoering by die Matriek-afskeidsfunksie. Sy studeer verder aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys en behaal die B.A.-graad en ’n Unie-Onderwysdiploma. Vanaf 1947 is sy verbonde aan die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK). In die jare 1949 tot 1952 reis sy in die buiteland in hoofsaaklik Engeland en Wes-Europa. Sy saai ook daar uit en by haar terugkeer werk sy vir ’n rukkie as taalhersienster by Nasionale Boekhandel Beperk se uitgewersafdeling in Kaapstad.

In 1952 sluit sy weer by die SAUK aan, waar sy vanaf 1962 vanuit Durban die organiseerder is van die drama-afdeling van die Afrikaanse Diens van Radio Suid-Afrika. In hierdie tyd is sy intiem betrokke by die afrigting van en deelname aan toneelspel vir die radio en ook vir die verhoog by die Teatergroep in Bloemfontein, die Kaapstadse Amateur Toneelgeselskap en Die Skerm in Durban. As aktrise vertolk sy ook rolle in die rolprente “Die huis op horings” en “Die vlindervanger” en op televisie in die reeks “Phoenix en Kie”. Na haar tyd in Durban verskuif sy na die klankargief in Johannesburg, waar sy baanbrekerswerk doen. Sy tree in die tagtigerjare af na ’n loopbaan van ongeveer 33 jaar by die SAUK, maar doen daarna steeds vryskutwerk, wat sy staak nadat sy ’n sigprobleem ontwikkel. Daarna woon sy in ’n aftree-oord in Pretoria.

Skryfwerk

Vir die radio skryf sy vir baie jare die kleuterprogramme en bied dit dan ook aan, baie keer saam met Esmé Euvrard. 'n Langspeelplaat, “Rooikappie en ander sprokies”, word van haar verhale gemaak, voorgelees deur Esmé Euvrard. Hierop verwerk sy die sprokies van “Die gestewelde kat”, “Die goue gans”, “Die lelike eendjie”, “Rooikappie”, “Sneeuwitjie” en “Aspoestertjie”. Sy skryf ook vir die radio talle vervolgverhale en hoorspele, wat ’n hoorspel oor die lewe van Emily Hobhouse insluit. Verskeie radiodramas word deur haar geregisseer. Haar hoorspel “Gee mekaar die regterhand” word opgeneem in die versamelbundel “Debuut”, wat versorg is deur Ciska en Francois Marais, en ook in “Die reënboom en ander eenbedrywe” onder redaksie van Willem Steenkamp en Jan Spies se “Klein begin in die drama”. Dit is ’n amusante stuk wat soos die titel aandui oor die huwelik gaan. Daar is heelwat konflikte, maar die spanning bereik nooit werklik ’n hoogtepunt nie omdat die konflikte so maklik opgelos word.

Eerbewyse

Sy ontvang in 2005 ’n Afrikoon-toekenning van die ATKV vir haar bydrae tot die bevordering van Afrikaans deur haar uitsaaiwerk in die buiteland, vir haar jarelange verbintenis tot voortreflike radio- en TV-programme en ook as befaamde aktrise in verskeie Afrikaanse TV-produksies.

Bronnelys

Boeke

  • Marais, Francois en Marais, Ciska (samestellers) “Debuut” Nasionale Boekhandel Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe 1966

Internet

Verwysings

Tags:

Monica Breed Lewe en werkMonica Breed SkryfwerkMonica Breed EerbewyseMonica Breed BronnelysMonica Breed VerwysingsMonica BreedAfrikaansAktriseSAUKSkrywer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LandbouMenslike seksuele gedragWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaStaatstoelaeErfenisBesnydenisKultuurKoppelteken22 NovemberGoogleBloemfonteinWiskundige terminologieSkoenlapperBesoedelingDigvormToestand van materieAntoniemSokkerOudtshoornPeriodieke tabelEerste WêreldoorlogVakbondMantisPad na jou hartNierversakingNiemetaalSkilpadSelfoonRenaissanceJudaïsmeKlimaatveranderingMotorvoertuigLeonardo da VinciBronadresStaalTienerDikdermAlkoholismeVerlede tydCorioliskragEksponentVoorvoegselLys van Afrikaanse televisiereekseSeksGeletterdheidKrieketNatriumsulfietEienaamGeboorteJagluiperdLionel PetersonLieweheersbesieVierde Industriële RevolusieKerngeneeskundeHorlosieDaggaKlankGeldTemperatuurJan-Willem BreureAkroniemSinkApartheidOranjerivierSuid-Afrikaanse randMorfeemVerkleinwoordSwart menseVulkaanGrootste rampe in Suid-AfrikaTswanaRussiese inval in Oekraïne sedert 2022DawidEngelsVoortrekkermonumentByung-Chul HanMartin Luther King jr.Katoen🡆 More