Mao Zedong-denke, of Maoïsme, is ’n politieke teorie wat afgelei is van die leringe van die voorsitter van die Kommunistiese Party van China (KPC), Mao Zedong (1893-1976), wie se volgelinge bekend is as Maoïste.
Dit is van die 1950's af ontwikkel tot met die hervormings van Deng Xiaoping in die 1970's en is algemeen toegepas as leidende politieke en militêre ideologie van die KPC. Dit het ook as riglyn gedien vir rewolusionêre beweging oor die wêreld heen.
Mao Zedong-denke | ||
Die voorsitter van die Kommunistiese Party van China, Mao Zedong. | ||
Name (taalvariante) | ||
Tradisionele Chinees | 毛澤東思想 | |
Vereenvoudigde Chinees | 毛泽东思想 | |
Pinyin | Máo Zédōng Sīxiǎng |
Die basiese verskil tussen Maoïsme en ander vorme van Marxisme is dat Mao gesê het kleinboere moet die bolwerk van die rewolusionêre energie wees en gelei word deur die werkersklas in China.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Maoïsme, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.