Die Jozinibroodboom (Encephalartos senticosus) is 'n spesie van die genus Encephalartos.
Jozinibroodboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Cycadophyta |
Klas: | Cycadopsida |
Orde: | Cycadales |
Familie: | Zamiaceae |
Genus: | Encephalartos |
Spesie: | E. senticosus |
Binomiale naam | |
Encephalartos senticosus Vorster, (1996) |
Die plant kom op die kruin van die Lebomboberge voor vanaf Jozini, noordwaarts tot net verby Siteki in Eswatini. Die plant groei vinnig en word tot 4 m hoog. Dit groei in goedgedreineerde grond, verkies sonlig en gedeeltelike skadu areas. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare.
Die plant was eers saam met E. lebomboensis as een spesie beskou, maar word sedert 1996 as 'n aparte spesie gelys. Die plant se FSA-nommer is 8. In Engels staan die broodboom as die Lebombo cycad bekend.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Jozinibroodboom, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.