Jo Onderstall

Jo Onderstall (née De Beer, 1929 – 2016) was 'n Suid-Afrikaanse amateur-plantkundige, wat bekendheid verwerf het weens verskillende publikasies, artikels en praatjies oor plantlewe en fungi van Mpumalanga, benewens haar bydraes tot natuurbewaring.

Sy is op 17 Mei 1929 in Harrismith gebore. Sy het in 1948 liggaamsopvoeding by die Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat studeer en vir 'n jaar daarna klasgegee voor sy getroud is met William “Bill” Onderstall.

Sy was vir baie jare verbonde aan die bestuur van die Laeveldse tak van die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika, en was ook die voorsitter daarvan vir etlike jare. In 1984 het uit haar pen verskyn "Veldblomgids No 4 - Transvaalse Laeveld en Platorand" / "Transvaal Lowveld and Escarpment Wild Flower Guide", een van 'n reeks veldblomgidse van die Botaniese Vereniging. Dit was die eerste beskikbare gids tot die laeveldse veldblomme en is met haar eie foto's geïllustreer. In die volgende twaalf jaar het sy 'n voldoende fotografiese versameling opgebou om in 1996 'n tweede volume saam te stel, genaamd "Wild Flower Guide to Mpumalanga and Northern Province", wat deur Sappi geborg is. Benewens hierdie veldblomgidse het sy baie artikels vir verskillende publikasies geskryf.

Sy het gereeld praatjies gelewer oor plante, voëls of sampioene, laasgenoemde 'n onderwerp waaroor sy ook goed ingelig was. Sy was oor die jare in gereelde kontak met John Kluge (1947– ), wat eers natuurbewaringsbeampte van die Departement Bosbou te Witklip was, en later die kurator van die Laeveldse Botaniese Tuin sou word. In die 1970's was hulle samewerking instrumenteel om 'n ekologies belangrike stuk berggrasveld te bewaar, wat ondermeer ryk aan orgideespesies is. Hierdie gebied op die kruin van die platorand was bestem vir 'n nuwe denneplantasie, maar kon weens haar en John se samewerking in 'n reservaat omskep word.

Sy was die samesteller van die eerste plantlys vir die Buffelskloof Private Natuurreservaat op die Mpumalanga-platorand. Toe die reservaat 'n belangrike navorsingsgerief verkry het, is daar dikwels op haar botaniese kennis staatgemaak. Met haar dood was 'n derde boek, bestaande uit haar herinneringe, byna voltooid. Sowat 400 plantspesimens wat sy in die laeveld en platorand versamel het word in die herbaria van die Laeveldse Botaniese Tuin en Pretoria (PRE) bewaar.

Sy is op 28 Maart 2016 in Nelspruit oorlede, en word oorleef deur haar seun David (1953– ) wat ook belangstellings in plant- en dierkunde koester en 'n kranige plantversamelaar is.

Verwysings

Tags:

19292016FungiMpumalangaPlant

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Kaapstad se voorstedeSwemJan van TonderRymSeksismePussy RiotFinale OplossingBruce FordyceIngrid JonkerLetterkundeCarles PuigdemontHector PietersonKarooSeksueel oordraagbare infeksieBorsteAngolese BurgeroorlogPornografiese akteurWinterHeelgetalPotchefstroomAfrikanernasionalismeMielieEben EtzebethTikTokVoorvoegselOnbemande vliegtuigPretoriaWapen van Suid-AfrikaGroepsgebiedewetKrokodilBeëdigde verklaringSterBruto binnelandse produkKernkragAntisemitismeKlimaatsverandering in AfrikaHoedGesonde dieetKersfeesKasteel die Goeie HoopZack du PlessisInfeksieKarakteriseringKarpaletonnelsindroomSpysverteringstelselDialoog in fiksieBynierSinoniemProstaatkankerSteve HofmeyrByPoësieWoordsoortKlinkerLidwoordJohannesburgMag (sosiale wetenskappe)KonsentrasiekampRacheltjie de BeerKapitaal (ekonomie)Hernubare energieNarsistiese persoonlikheidsteuringMenseregtedagHamburgerDiepaartromboseNeurenberg-verhoreGoogleBosluisbytkoorsOlifantGrondwetPampoentjiesMaselsOntwikkelende landSharpeville-slagtingMenslike seksuele gedragNatuurlike hulpbronSokkerMahatma Gandhi🡆 More