Hoërskool Stoffberg

Die Hoërskool Stoffberg is ’n Afrikaanse sekondêre staatskool op Brakpan aan Gauteng se Oos-Rand.

Hoërskool Stoffberg
'n Reklamebord buite die skool, hoek van Reitz- en President Krugerstraat, Dalview, Brakpan.

Die het op 15 Oktober 1946 as die Stoffberg Junior Hoërskool uit die Laerskool Kommando ontstaan met ’n leerdertal van 195. Dit is waarskynlik genoem na sen. Theunis Stoffberg. Dit was in die dae toe die Transvaalse Onderwysdepartement (T.O.D.) onwillig was om volwaardige hoërskole te bou om in die groot vraag na sekondêre onderwysgeriewe onder die Afrikaners aan die Witwatersrand te voorsien. Die T.O.D. het met die konsep van junior hoërskole vorendag gekom, wat net tot by st. 8 gestrek het en dit vir leerders onmoontlik gemaak het om daarna st. 9 en matriek aan ’n gewone hoërskool te voltooi en universiteitsopleiding te ontvang. Die idee was dus dat hulle ná st. 8 ’n ambag moes aanleer of gaan werk. G.D.S. van Heerden is in Januarie 1947 as die skool se tweede hoof in die plek van J.H. Meyer aangestel.

Op 31 Januarie 1947 het die indertydse administrateur van Transvaal, J.J. Pienaar, die nuwe skoolgehou ingewy. Weens ’n tekort aan klaskamers is die st. 6-leerlinge en hul onderwysers van die laerskole President Brand, Brakpan-Oos, Rand Collieries en Withok in 1947 in die Stoffberg Junior Hoërskool opgeneem en so het die leerdertal tot 401 aangegroei.

In 1950 het die eerste matrieks hul eindeksamen aan die Stoffberg-skool geskryf, maar dit het eers in Januarie 1951 ’n volwaardige hoërskool geword. Die getalle het so toegeneem dat 130 st. 6-leerlinge na die Laerskool Rand Collieries oorgeplaas moes word. Dit het gelei tot die afstigting in 1952 van die Hoër Meisieskool Stoffberg, waarheen die meisies in st. 6, 7 en 8 toe gegaan het. In die Hoër Seunskool Stoffberg het toe 537 seuns en 25 st. 9-meisies agtergebly. G.W. Mollett, wat in 1953 as hoof waargeneem het, is in 1954 as hoof van die Hoër Seunskool Stoffberg aangestel en het dié amp tot 1961 beklee.

Sy opvolger, van 1962 tot 1972, was ene mnr. Botha en daarna ene Rheeder. Toe die skool in 1975 net 459 leerders gehad het, is besluit om dit met die Brakpanse Hoër Handelskool te verenig, maar dié besluit is eers ná ’n jaar uitgevoer. In daardie jaar het E.C. van Sittert as hoof waargeneem. G. Myburgh was die waarnemende hoof in 1976 tydens die amalgamasie, toe die leerders 871 tel. Die volgende voltydse hoof was C.P. Wright van 1977 tot 1980 en daarna P.J. Aucamp tot April 1994. Sy opvolger, die huidige hoof, was J.N. Boshoff.

Die skool se prestasies op sportgebied sluit in die Direkteurstrofee vir rugby (1977), korfbal (1982) en jukskei (1980, 1981 en 1982).

Bronne

Tags:

BrakpanGautengOos-Rand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HeuningbyNatuurOntwikkelende landFluoorInsekTemperatuurVolhoubaarheidMuskietNiersteenKoolhidraatMiddeloorontstekingSharpeville-slagtingVersamelnaamBerilliumPotchefstroomHomoniemFranse RewolusieSosiale mediaNatuurbewaringMenstruasieThomas EdisonSelfoonMahatma GandhiJesus van NasaretMag (sosiale wetenskappe)Universele Verklaring van MenseregteOrgasmeNasionaal-SosialismeEiffeltoringEierstokGreen PornoNarsismeOutismeAkkedisSonSpinnekopLys van Afrikaanse skrywersJapanOnderwerp (taalkunde)BreedtegraadOrtopedieHamburgerNamibiëHoenderSuid-EuropaSwitserlandDiepaartromboseVolstruisStaat PalestinaSokkerBloemfonteinPornografiese akteurVulkanismeKoos du PlessisDataverwerkingFabelGraaff-ReinetBesproeiingEjakulasieKolonisasieTrigeminale neuralgieNederlandKlimaatKweekhuisgasTweede WêreldoorlogOlifantAardbewingAkroniemKlem-in-die-kaakTussenwerpselBruin huisslangN.P. van Wyk LouwSeptimius AwardsIslamGeskiedenis van Suid-AfrikaAluminiumJohann de Lange🡆 More