Hardrock

Hardrock is 'n musiekstroming wat uit rock voortgevloei het en gewoonlik deur 'n hardklinkende verwronge (distorted) elektriese kitaar gekenmerk word.

Die tempo in die musiek is gewoonlik hoog; die sang-, kitaar- en sintetiseerderdele wissel mekaar af en vul mekaar aan. Net soos in jazz is 'n pakkende rif belangrik om as kapstok vir die snit te fungeer. Die fondament in hardrockliedjies word deur die hoofkitaar met sogenaamde kragakkoorde (powerchords) gelê.

'n Verdere kenmerk is die oorheersende luide sangwerk, waarin geforseerde uitinge nie spaarsamig is nie. Bekende orkeste wat hierdie soort musiek produseer is AC/DC, Deep Purple, Guns N' Roses, KISS, Led Zeppelin, UFO, Metallica, Uriah Heep en Van Halen.

Daar moet opgemerk word dat diverse style in rockmusiek 'n sterk verwantskap toon. Die musiek van 'n groep soos The Who bevat sowel rock- as hardrockelemente. Die grens tussen hardrock en metal is soms moeilik onderskeibaar.

Tags:

Jazz

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

FotosinteseEmosieWiskundeWit menseKompasOpenbare betrekkingeAustraliëWeer (meteorologie)SinoniemMusiekteaterEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaAnusMoedersdagOogproblemeMeganiese ingenieursweseSokkerLongMartin Luther King jr.NierTennisKwikFiela se kindSoortnaamLenteGeografie van Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse skrywersPaddaAgtervoegselMiltBosluisDemokrasieKaapstadMierSinkGeelsugSteve HofmeyrBlesbokspruit (Gauteng, lat -26,60, long 28,29)GlobaliseringJane AlexanderPolitieke partyOrganic Humanity MovementCorioliskrag163BelastingDelft, KaapstadSlakAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBesproeiingAfrikaansVerenigde State van AmerikaNylsvley-natuurreservaatRuslandNagapieVryheidstandbeeldJodiumByEnkelvoudige sinLys van Suid-Afrikaanse musikanteAppel (sanger)Groot TrekDierXHTMLHartaanvalNelson MandelaMorfologie (taalkunde)SimboolRekenkundige ryArgitektuurTamatieMetaalNamakwalandCarike KeuzenkampOraniaSeeSeekoeiVoorsetselStedelike hitte-eilandNic de Jager🡆 More