Gereformeerde Kerk Swartruggens

Die Gereformeerde kerk Swartruggens is die vyfde oudste van die 22 gemeentes in die GKSA se Klassis Molopo.

Die middelpunt van die gemeente is die dorp Swartruggens in die provinsie Noordwes. Einde 2015 was hier 69 belydende en 11 dooplidmate.

Gereformeerde Kerk
Swartruggens
Gereformeerde Kerk Swartruggens
Sluit in  Groot Marico
Lindleypoort
Moedwil
Klassis  Molopo
Huidige predikant(e)  Dirk Wijnbeek (hulpdiens)
Belydende lidmate  72
Dooplidmate  14
Adres Demperstraat 4
Swartruggens
Geskiedenis
Stigtingsdatum  1914
Afgestig van  Zeerust
Eerste predikant  B.J. de Klerk 1917–1940


Gereformeerde Kerk Swartruggens
Die Gereformeerde kerk Swartruggens. Ds. B.J. de Klerk het die hoeksteen op 8 April 1933 gelê.
Gereformeerde Kerk Swartruggens
Ds. David Nicolaas Gerhardus Kotzé, die leraar van 1946 tot 1951.
Gereformeerde Kerk Swartruggens
Ds. P.G.W. du Plessis, die leraar van 1953 tot 1958.
Gereformeerde Kerk Swartruggens
Ds. A.J.R. Vermeulen, leraar van 1957 tot 1964.

Geskiedenis

In 1908 het die Gereformeerde kerk Rustenburg twee wyke aan Zeerust afgestaan met dien verstande dat hulle ’n eie kerkplek inrig. Roelof Petrus Scheepers het ’n deeltjie van sy plaas, Brakfontein, aan die gemeente geskenk vir die oprigting van die kerkgebou. Hierdie saal is in 1910 deur oudl. Du Toit opgerig. Dit sou vir die daaropvolgende 23 jaar gebruik word.

Midde-in die Rebellie van 1914 het die wyk Brakfontein van Zeerust afgestig en in 1917 het die lidmate self ’n nuwe kerk gebou. Sand is aangery en met hamers is klippe fyngekap vir die betonwerk. Ds. B.J. de Klerk, die leraar van 1917 tot 1940, het met die bouwerk gehelp. In September 1933 is dié gebou, ontwerp deur die Gereformeerde argitek Pieter Dykstra, met sy vier sierlike Kaaps-Hollandse gewels in gebruik geneem. Die kerktoring is 31 jaar later verander.

Predikante

  1. De Klerk, Barend Johannes, 1917 – 1940 (in kombinasie)
  2. Venter, Jurie Johannes Stefanus, 1941 – 1943
  3. Kotzé, David Nicolaas Gerhardus, 1946 – 1951
  4. Du Plessis, Pieter Gert Wessel, 1953 – 1956
  5. Vermeulen, Andries Johannes Roos, 1957 – 1964
  6. Myburg, Andries, 1964 – 1967
  7. Kruger, dr. Mechiel Andries, 1968 – 1971
  8. Venter, Willem, 1972 – 1976
  9. Cloete, Jacobus Johannes, 1977 – 1981
  10. De Klerk, dr. Theunis Christiaan, 1982 – 1985
  11. Van der Merwe, Willem Petrus, 1985 – 2001

Die kerkgebou

Bronne

Sien ook

Tags:

Gereformeerde Kerk Swartruggens GeskiedenisGereformeerde Kerk Swartruggens PredikanteGereformeerde Kerk Swartruggens Die kerkgebouGereformeerde Kerk Swartruggens BronneGereformeerde Kerk Swartruggens Sien ookGereformeerde Kerk SwartruggensGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaNoordwesSwartruggens

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KlimaatVrystaatMurunwa MakwarelaKarakteriseringSkaakChristendomByvoeglike naamwoordSeksposisieKlavierOlimpiese SomerspeleBestaansboerderyMahatma GandhiKweekhuiseffekInfeksieVarkgriepWinterHernubare energieLionel PetersonSuid-Afrikaanse WeermagDelft, KaapstadBywoordDistrik SesSteenkoolPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaKonsentrasiekampKongo-krisisWes-KaapWerkloosheidPesachRookgewoonteStaalAngolese Oorlog vir Onafhanklikheid20ste eeuTsongaJavaScriptLys van hoofstedeMateriaalLys van Afrikaanse televisiereekseBrandmondsindroomPolisieVolhoubaarheidJode in Suid-AfrikaLieweheersbesieBorskankerGrondMisdaadromanAlkoholismeVryheidsdagKoolstofGalileo GalileiStereotipeHulpwerkwoordHeuningbyReënspinnekopLeierskapGrondsoorteMenstruasieMenslike seksuele gedragKunsmatige algemene intelligensieOlifantOnderwysChapmanspiek-rylaanHannes van WykDemokratiese Republiek die KongoKriekRoofdierMeeueWaterbesoedelingAfleiding (taalkunde)Brittany Ashton HolmesVennootskapSarel Jacob PretoriusNamibwoestynLugbesoedelingHartseer🡆 More