Eutuchios Proklos

Eutuchios Proklos (Grieks: Εὐτύχιος Πρόκλος), of Tuticius Proculus in sommige tekste, was ’n taalkundige wat in die 2de eeu n.C.

floreer het. Hy was een van die twee Latynse onderwysers van Markus Aurelius. Hy was van die stad Sicca Veneria in Noord-Afrika (die hedendaagse El Kef in Tunisië).

Hy is moontlik die Proklos wat deur Trebellius Pollio genoem word as die geleerdste grammatikus van sy tyd. Vir sy werk saam met die keiser het hy later die rang senator gekry, asook konsul, hoewel dit nie duidelik is in watter jaar hy konsul was nie. Hy het finansiële hulp van Aurelius gevra om die finansiële las van sy loopbaan as senator te verlig; daaruit kan afgelei word hy is nie in ’n ryk of aristokratiese familie gebore nie.

Sy identiteit

Sy skrywes is nou verlore, hoewel daar ’n (moontlik fiktiewe) werk is wat soms aan hom toegeskryf word met die titel De peregrinis regionibus. Dit is waarskynlik weens die verwarring oor sy identiteit.

Sommige geleerdes van die 19de eeu het geglo hy is die skrywer van ’n Chrestomatie, wat een van die belangrikste bronne oor die Epiese Siklus is. Die meeste moderne geleerdes dink egter dit is nie so nie, omdat dit ’n Griekse werk is en Proklos ’n kenner van Latyn was.

Die grootste deel van die verwarring oor sy naam is weens ’n historiese bron deur die Italiaanse historikus Raffaello Maffei van die 15de en 16de eeu. Maffei identifiseer die 5de-eeuse Platoniese filosoof Proklos as "Tuticius Proculus", hoewel die twee mans drie eeue uitmekaar gelewe het, en sê dit is die filosoof wat Aurelius se onderwyser was. Die werk bevat ook ander foute, byvoorbeeld oor werk wat aan hom toegeskryf word, en baie latere skrywers het soortgelyke foute begaan geskoei op Maffei se werk.

Verwysings

Skakels

  • Eutuchios Proklos  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

2de eeuGrieksLatynMarkus AureliusNoord-AfrikaTunisië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EgipteBob JolesFernando AlonsoMicrosoft OfficeGoeie VrydagKlitorisOrgasmeMenseregtedagTuisbladTydbestuurBrandmondsindroomHomoseksualiteitAkuut-aksenttekenMedia (kommunikasie)NamibiëNjalaPalmsondagVerspreide lugbestralingBreinvliesontstekingGregoriaanse kalenderBloemhofdamRandy BooneHarry StylesAtheneLaingsburgvloedHerpes simplexFredi NestEnsiklopedie606SlangQHBeeldspraakAfrikaanse gesegdes uit die MiddeleeueLys van lande volgens bevolkingBelgiëEjakulasieAnargismeBeëdigde verklaringRiley VoelkelHomoniemBybelTegnologieLys van bekende Suid-AfrikanersDuitse maselsZerilda SteynNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaBernice WestBloeddrukSamestellingOnderwysAfleiding (taalkunde)VoortrekkersAdolf HitlerTarentaleEkonomieHondsdolheidDiarreeEkonomie van Suid-AfrikaIranAlkoholismeVaginale kankerGriepVachellia tenuispinaSpringbokkeFrankrykJeff DouglasLeon KrugerInfeksieTierboskatVergelykings (taalkunde)Terence CooperRina Hugo🡆 More