eNuus is 'n Afrikaanse nuusbulletin wat in samewerking met eMedia se eNews opgestel en elke aand om 19:00 op kykNET uitgesaai word.
Hulle eerste uitsending is op 18 Julie 2010 gebeeldsend. Hulle roem hulself daarop dat hulle die eerste onafhanklike nuusbulletin in Afrikaans is. Die bulletin dek Suid-Afrikaanse en internasionale nuusgebeure, die nuutste sportuitslae en word met 'n weervoorspelling afgesluit.
eNuus | |
Genre | Nuusbulletin |
---|---|
Ontwikkel deur | eMedia |
Aangebied deur | kykNET |
Oorsprong | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Produksie | |
Vervaardiger(s) | eMedia |
Uitsending | |
Eerste lopie | 18 Julie 2010 |
Kronologie |
Andries Cornelissen is aangestel as nuusredakteur en Freek Robinson is die hoof nuusleser. Die res van die eNuus-span bestaan uit LiMari Louw, Genee Heyl en Daniëlla van Heerden. Sportnuus word deur Jean-Paul Keyter en Francois Nolte hanteer.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article ENuus, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.