Die Afrikaanse Taalraad (ATR) is 'n nieregeringsorganisasie wat Afrikaans en die regte van sy sprekers binne 'n meertalige konteks bevorder.
Dit gee erkenning aan die gedeelde geskiedenis van Afrikaans asook die diversiteit van sy sprekers en die uiteenlopende variëteite wat hulle praat: van Standaardafrikaans, Algemene Afrikaans (volgens die 2017-uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls), Omgangsafrikaans in al sy fasette (van Kaaps, Overbergs, Weskusafrikaans, Oranjerivierafrikaans (Gariepafrikaans) tot Gautengse Afrikaans) en nog meer. Die Taalraad funksioneer as 'n konfederale liggaam met meer as 35 taal- en kultuurorganisasies in Suid-Afrika, Namibië en Nederland as lede en bevorder taalsamewerking in verskeie domeine, veral die onderwys. Gesamentlik verteenwoordig die Taalraad se lede meer as 500 000 mense oor die hele spektrum van die Afrikaanse gemeenskap.
Die Afrikaanse Taalraad (ATR) is ná 'n intense, inklusiewe en veral raadplegende proses van vyf jaar (2003-2008) op 24 Mei 2008 te Wellington gestig: ’n proses wat aanvanklik deur die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans (NTLA) geïnisieer is. Meer as 100 verteenwoordigers van 40 organisasies landswyd het die stigtingsbyeenkoms bygewoon. Die Taalraad se stigting ingevolge artikel 185 van die Grondwet, het ook 'n skakel met die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Geloofs- en Taalgemeenskappe (KGT-kommissie) geskep.
Hiermee wou die stigters die verdeeldheid tussen Afrikaanssprekendes probeer verminder en nuwe momentum vir die Afrikaanse taal skep. Prominente Afrikaanse rolspelers wat aan die raadplegende proses deelgeneem het, sluit in: Wannie Carstens, Christa van Louw, Karel Prinsloo, Jacques van der Elst, Hennie de Wet, Louise Combrink, Kallie Kriel, Gerrit Brand, Christo van de Rheede, Danny Titus, Hendrik Theys, Neville Alexander en talle ander.
Die Taalraad se visie is 'n veeltalige Suid-Afrika waarin Afrikaans as inheemse taal, naas ander inheemse tale, as hoëfunksietaal en taal van bemagtiging in die breë gemeenskap gehandhaaf en bevorder word. Sy missie is die bevordering van Afrikaans en die belange van sy sprekers deur te steun op die beskerming wat die Grondwet van Suid-Afrika bied vir kultuur-, godsdiens- en taalregte van die breë gemeenskap.
Belangrike funksies van die Afrikaanse Taalraad sluit in optrede as:
Die ATR ondersteun Afrikaans in 'n aantal werksgebiede of domeine wat in noue verband met mekaar staan, naamlik:
Die klem word hier geplaas op die oordrag van Afrikaans tussen die generasies as ’n voorvereiste vir die vitaliteit van Afrikaans. Aandag word ook geskenk aan die terugeis van mense se moedertaal waar hulle dit verloor het en die goeie bestuur van taal in gemeenskapsinstellings soos kerke en moskees. Tweede- en derdetaalsprekers van Afrikaans word as belangrike bydraers tot taalvitaliteit en die voortgesette groei van Afrikaans beskou. Die Taalraad lê derhalwe veral klem op kommunikasie met jong ouers oor strategies belangrike temas soos:
Die Taalraad bevorder veral Afrikaansmediumonderrig op gemeenskapsvlak en beskou bemagtiging deur Afrikaans as die basis vir kwaliteitonderrig en prestasie. 'n Toevoegende benadering verseker die gebruik van Afrikaans se variëteite om “Skoolafrikaans” onder die knie te kry en om Engels deur Afrikaans te bemeester. Die Taalraad bevorder dus ook die insluiting van taalvariasie in die formele kurrikulum om toegang tot Afrikaanse skole en inklusiwiteit te verbeter.
Die Taalraad is veral besorg oor die druk waaronder Afrikaans op tersiêre vlak verkeer. Intervensies word gemaak om die nodelose afskaling van Afrikaans aan sekere instellings te probeer verhinder, dikwels in samewerking met lidorganisasies, veral die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Voorts word deurentyd, in samewerking met die Afrikaansdepartemente, gekyk na vooruitbeplanning vir Afrikaans as akademiese taal en Afrikaans as vak. Aandag word ook gegee aan die uitbou van Afrikaanse privaatuniversiteite en skakeling met Nederlandse universiteite.
Die Taalraad se versoeningsrol tel as sy belangrikste funksie omdat versoening tussen Afrikaanssprekendes ’n voorvereiste vir samewerking oor taalkwessies is. Dit vereis oop gesprek oor Afrikaans se historiese bagasie wat opnuut in verskillende gemeenskappe deurgetrap moet word. Om dié rede bevorder die Taalraad gereeld gesprekke oor die taal se herkoms en sy sprekers asook skakeling tussen hulle. Die Taalraad bou ook voortdurend aan sy skakels op gemeenskapsvlak om die gesprekke sodoende al verder uit te brei.
Dieselfde geld vir versoening tussen Afrikaanssprekendes en die sprekers van die ander inheemse tale van die land en die Taalraad doen baie om onkunde en persepsies oor Afrikaans en Afrikaanssprekendes aan te spreek. ’n Alliansie van inheemse tale is nodig om ’n waarlik meertalige bestel te verseker. Dit is belangrik dat Afrikaans deel van hierdie gesprek bly, en ondersteuning bied waar nodig. Om dié rede is die Taalraad dan ook betrokke by die Indigenous Languages Action Forum (ILAF), wat die inheemse tale van die land bevorder, en die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT), wat veronderstel is om meertaligheid en taalregte te bevorder.
Die Taalraad verteenwoordig Afrikaanssprekendes in kontekste waarin daar geskakel moet word met owerhede. Oor die algemeen mik die Taalraad daarop om diskoerse op beleidsvlak ten gunste van Afrikaans en meertaligheid te stuur. ’n Voorbeeld hiervan is ’n wye petisie oor die inheemse status van Afrikaans en die Khoi- en Santale wat aan President Cyril Ramaphosa voorgelê is. Dit kom nadat die minister vir hoër onderwys, minister Blade Nzimande, beweer het dié tale is nie inheems nie.
Die Taalraad se standpunt is dat taalbeleid en -beplanning op goeie navorsing gebou moet word. Daarom bevorder en fasiliteer die Taalraad navorsingsinisiatiewe wat onder meer die volgende insluit:
Die Taalraad het sy ontstaan te danke aan 'n grondige bestekopname (gebaseer op die erkende navorsingsmetodologie) oor die stand van Afrikaans op daardie tydstip (2003-2004). Die uitkomste van die navorsing is gebruik om die bestuur van die wordende Taalraad te begelei op die pad wat dit moes loop om te kom waar dit vandag is. Die Taalraad ontwikkel daarom in aansluiting hierby tans opnuut 'n navorsingsprogram om feitegebaseerde beleidsbesluitneming te bevorder en om oorwoë implementeringstrategieë rakende aksies vir Afrikaans te ontwikkel. Daar word toenemend ook op die behoud, verdere ontwikkeling en inklusiwiteit van Afrikaans se infrastruktuur gefokus en dit is belangrik dat stappe en aktiwiteite in hierdie verband stewig ondersteun moet word deur die uitkomste van doelgerigte en beplande navorsing oor 'n groot verskeidenheid kwessies. Die Taalraad verwelkom dus nuwe navorsingsinisiatiewe en samewerkingsgeleenthede.
Uitvoerende hoof | Dr. Conrad Steenkamp |
Sekretaris | Marekyn Kruger-Evert |
Suidelike projekbestuurder | Ria Olivier |
Noordelike projekbestuurder | Merlyn van der Rheede |
Navorsingskoördineerder | Roné Wierenga |
Navorsingsgenoot | Prof. Wannie Carstens |
Navorsingsgenoot | Prof. Nico Botha |
Navorsingsgenoot | Drs. Hendrik Theys |
Voorsitter | Dr. Annelise de Vries | 2020- |
Ondervoorsitter | Michael Jonas | 2020- |
Voorsitter | Japie Gouws | 2019-2020 |
Ondervoorsitter | Michael Jonas | 2019-2020 |
Voorsitter | Prof. Anne-Marie Beukes | 2014-2019 |
Ondervoorsitter | Dr. Hendrik Theys | 2014-2019 |
Voorsitter | Prof. Michael le Cordeur | 2011-2014 |
Ondervoorsitter | Prof. Anne-Marie Beukes | 2011-2014 |
Voorsitter | Prof. Wannie Carstens | 2008-2011 |
Ondervoorsitter | Prof. Michael le Cordeur | 2008-2011 |
Die belangrikste maatstaf vir nominasies is betrokkenheid by Afrikaans en die Afrikaanse taalgemeenskap. Daar word gepoog om die net wyd te gooi en bydraes op gemeenskapsvlak in te sluit. Die Taalraad se Kokertoekennings word jaarliks in drie kategorieë toegeken:
Kokers word toegeken aan mense wat ’n wesentlike bydrae gemaak het tot een of meer van die onderstaande subkategorieë:
Jy kan een persoon vir al drie subkategorieë nomineer of drie afsonderlike mense – een in elke subkategorie. Een kandidaat kan egter nie in meer as een kategorie wen nie.
Hierdie kategorie is gemik op afgetredenes of mense aan die einde van hulle loopbaan. Jy kan een of twee kandidate in hierdie kategorie nomineer.
Hierdie aansporingsprys is gemik op jong mense wat Afrikaans op nuwe maniere inspan en geesdrif vir die taal onder ander jeugdiges kweek. Jy kan een of twee kandidate in hierdie kategorie nomineer. Ons gee drie toekennings aan mense wat 35 jaar of jonger is.
Datum | Kategorie | Wenner |
---|---|---|
2020 | Bemagtiging deur Afrikaans | Johan Blaauw (NWU) |
2020 | Bevordering van Afrikaans | Prof. Ena Jansen (Universitiet Amsterdam, voormalige hoogleraar Afrikaans in Nederland) |
2020 | Beskerming van Afrikaans | Dr. Danny Titus (postuum) |
2020 | Spesiale Kokertoekenning | Prof. Ernst Kotzé (NMU) |
2020 | Spesiale Kokertoekenning | Shafick April (postuum) |
2020 | Jeugtoekenning | Zebulon Kochk |
2020 | Jeugtoekenning | Zalman S. Davis |
2020 | Jeugtoekenning | Constance Thomas |
2019 | Bemagtiging deur Afrikaans | Shamiega Chaudhari |
2019 | Bevordering van Afrikaans | Ingrid Glorie |
2019 | Beskerming van Afrikaans | Prof. Frank Hendricks (UWK) |
2019 | Spesiale Kokertoekenning | Prof. Marinus Wiechers (postuum) |
2019 | Spesiale Kokertoekenning | Renaldo Schwarp |
2019 | Jeugtoekenning | Reis Afrikaans: Lara Erasmus en Jolene Potgieter |
2019 | Jeugtoekenning | William Sezoe |
2018 | Bemagtiging deur Afrikaans | Vader Vernon Macaskill-Meyer (Katolieke Kerk) |
2018 | Bevordering van Afrikaans | Heindrich Wyngaard (TV-aanbieder) |
2018 | Beskerming van Afrikaans | Prof. Ina Wolfaardt-Gräbe (Tydskrif vir Geesteswetenskappe) |
2018 | Spesiale Kokertoekenning | Sakkie Kotzé (ATKV) |
2018 | Spesiale Kokertoekenning | Yoma (Claudia Witbooi) – kletsrymer |
2018 | Jeugtoekenning | Nico Scheepers (dramaturg en regisseur) |
2018 | Jeugtoekenning | Sonia Elie (Boekfeetjie, Eldoradopark) |
2017 | Bemagtiging deur Afrikaans | Suzie Matlhola (ATKV, Soweto) |
2017 | Bevordering van Afrikaans | Diana Robertson (Eldorado Park) |
2017 | Beskerming van Afrikaans | Werner Human (Afriforum) |
2017 | Spesiale Kokertoekenning | Dr. Sandra Prinsloo (aktrise) |
2017 | Spesiale Kokertoekenning | Shaleen Surtie-Richards (aktrise) |
2017 | Erepenning | Mercy Kannemeyer (US) |
2017 | Erepenning | Sue Pyler (RSG) |
2017 | Erepenning | Marelize Swanepoel (Afrikaans-ambassadeur) |
2016 | Bemagtiging deur Afrikaans | John Nicholson (Lavender Hill) |
2016 | Bevordering van Afrikaans | Magdaleen Kruger (RSG) |
2016 | Beskerming van Afrikaans | Kaptein John Macnab (Rehoboth Bastergemeente) |
2016 | Spesiale Kokertoekenning | Prof. Jacques van der Elst (SAAWK) |
2016 | Erepenning | Refentse Morake (sanger) |
2016 | Erepenning | Gerswin Cupido (SBA) |
2016 | Erepenning | Daniëlla van Heerden (eNuus) |
2015 | Bemagtiging deur Afrikaans | Elias Nel (ATKV – rieldansprojek) |
2015 | Bevordering van Afrikaans | Prof. Andreas van Wyk (Het Jan Marais Nationale Fonds) |
2015 | Beskerming van Afrikaans | Dr. Danie Cronje (Dagbreektrust) |
2015 | Verdienstelikheidsmedalje | Tanita da Silva (HS George) |
2015 | Verdienstelikheidsmedalje | Herman van der Westhuizen (HS Bellville) |
2014 | Bemagtiging deur Afrikaans | Dr. Marlene le Roux (Kunstekaap) |
2014 | Bevordering van Afrikaans | Prof. Wannie Carstens (NWU) |
2014 | Beskerming van Afrikaans | Prof. Susan Smith (Fort Hare) |
2014 | Verdienstelikheidsmedalje | Christina Mashobane (ATKV) |
2013 | Bemagtiging deur Afrikaans | Ton Vosloo (Naspers) |
2013 | Bevordering van Afrikaans | Prof. Adam Small (akademikus en skrywer) |
2013 | Beskerming van Afrikaans | Cerneels Lourens (VRA) |
2013 | Erepenning | Madoda Bonfa Dlamini (skoolhoof Dundee) |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Afrikaanse Taalraad, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.