Botterpit

Die botterpit of nar(r)a (Acanthosicyos horridus Welw.

ex Hook.f ) is 'n plant wat wydverspreid en inheems is aan suidwes Angola, Namibië en Suid-Afrika. In Suid-Afrika is sy status nie goed bekend nie. Die laaste melding stam uit 1925. Op die SANBI-rooilys is dit as Nie voldoende inligting nie (DDD) gelys. Die moontlike voorkomsgebied binne Suid-Afrika lê in streke wat nie toeganklik is nie omrede daar diamante gevind word, met afgesperde mynbou. Die plant groei veral in dié gebied van die Namib wat deur oggendmis bevog word. In die gebied rondom Walvisbaai en Swakopmund neem die populasie af, veral weens onttrekking van grondwater. Na goeie reën is die plant volop in die Kalahari van Namibië. Die plant is afhanklik van grondwater en dra by tot die duine se stabilisering.

Botterpit
Botterpit
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Cucurbitales
Familie: Cucurbitaceae
Genus: Acanthosicyos
Spesie:
A. horridus
Binomiale naam
Acanthosicyos horridus
Welw. ex Benth. & Hook.f., (1867)

Dit is 'n groot en doringagtige plant wat 'n spanspekagtige vrug voortbring. Die vrug en sy sade is 'n belangrike voedsel vir die Topnaar-mense van Namibië.

Die Topnaar-naam !nara is verwant aan die woord !na wat genoeg beteken, en dit gee aan hoe belangrik hierdie plant vir die Topnaarvolk is. Dit is reeds seker 8 000 jaar in gebruik. Botterpitte kan gebruik word soos amandels in gebak, olie, lyfroom ens. en van die vrugvleis word hoagaribeb gemaak deur dit te kook.

Dit is gladnie 'n vetplant nie en is blaarloos met 'n groen stam, wat vir sy fotosintese sorg. A. horridus is die enigste lid van die Cucurbitaceae wat aan die uiterse woestynklimaat van die Namib aangepas het en die gebrek van blare is een van sy aanpassings. Dit is 'n C3-plant. Die stamme kan meters lank word en is dikwels met sand bedek. Hulle het 'n deursnee met 15 groewe wat langs die stam loop. Die plant versamel sand rondom en vorm so 'n heuweltjie. Net die stingels wat bo die sand steek het dorings wat as 'n skroef op die tak groei. Die wortels kan tot 100 m diep groei en versamel grondwater van ondergrondse riviere soos die Kuisebrivier.

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LidwoordFinale OplossingSeksuele opwekkingMorfeemFotosinteseGqeberhaByTradisionele Afrika-godsdiensBeesvleisVlieg (dier)GeboorteVerkragtingBlack SashBraaiTransatlantiese slawehandelLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsAntjie SomersSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Afrikaanse WikipediaFranse RewolusieRMS TitanicSeismologieVarkHartGroot vyfKhoikhoiDriehoekLimpopo (rivier)Lys van Afrikaanse skrywersBrandPretoriaNatuurlike hulpbronSteenkoolProstaatkankerSomerKarpaletonnelsindroomGesondheidWes-KaapLiewe HeksieSuid-Afrikaanse GrensoorlogMaagOrgasmeWêreld- Ekonomiese ForumLabia (geslagsdele)BreinPornhubGroepsgebiedewetWinnie Madikizela-MandelaDeon MeyerStadSkerpioenKarooBestaansboerderyKaliumMonumentTydGautengAvbobSeksposisieAustraliëMangelontstekingLeonardo da VinciThys die BosveldklongOnafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-AfrikaMikro-ekonomieGalileo GalileiAarde se atmosfeerGreen PornoDirekte en Indirekte redeMarie AntoinetteNarsistiese persoonlikheidsteuringOu TestamentVlinderMonopolieJodeNuwe Testament🡆 More