Blauer Portugieser

Blauer Portugieser is 'n rooi druiwesoort wat sy oorsprong in die Donaugebied het en tans veral in wynboustreke soos Rynhesse en Palts in Duitsland en in Neder-Oostenryk verbou word, maar ook in Suidoos-Europa voorkom.

Dit is daarnaas ook een van die kultivars wat vir Hongaarse Egri Bikavér of "Bullebloed"-wyn gebruik mag word.

Blauer Portugieser
Blauer Portugieser

Wynkelders gebruik die kultivar om ligte rooi of ligrooskleurige roséwyne (soos Portugieser Weißherbst) te kelder. Sedert 2000 word van die kultivar ook rooiwyn van hoë gehalte gekelder waarvan sommige soorte enkele maande in eikehoutvate (barriques) deurbring en op die wynmark met Franse Bordeaux-wyne meeding. Wynkelders in Rynhesse gebruik die kultivar sowel vir ligte somerwyne asook vir hul Selectionsweine (premiumwyne).

Geskiedenis

Volgens historiese oorlewerings het die kultivar sy oorsprong in die Portugese stad Porto (vandaar sy Duitse benaming as "Blou Portugees"). In 1772 is dit vir die eerste keer deur Johann von Fries in Bad Vöslau in Oostenryk op sy wyngoed verbou. Die kultivar is van daar na Rynhesse en Palts in Duitsland versprei.

Die kultivar is in Portugal egter onbekend. Vanweë sy verspreiding oor die hele Donaugebied neem wynnavorsers aan dat dit in werklikheid sy oorsprong in dié streek het, moontlik in Oostenryk.

Tags:

DonauDuitslandHongaryeNeder-OostenrykRynhesse

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PampoentjiesCleopatra VIIGeelsugRookgewoonteRefentse MorakeVersamelnaamHipertensieHeks van HexrivierJupiterWeervoorspellingHeupvervangingWoestynLoonByvoeglike naamwoordSeksueel oordraagbare infeksieGeelhoutIndonesiëSlag van BloedrivierMiskruierMuskietStadEiffeltoringSeksuele stimulasieMierleeuMarie AntoinettePaarl GimnasiumRob HersovKasterolieDramaEtniese groepMenstruasieAktuarisSoogdierAvbobKragopwekkingWillie JoubertPeperbus, FraserburgAfleiding (taalkunde)Ruan PienaarLeonardo da VinciKameelperdOorstromingBedryfstelsel (inligtingstegnologie)GeboorteJohn Brown (aktivis)TekstielSlotmasjienSterGroot vyfToerismeSkilpadKunsmatige intelligensieTrekarbeidJava (programmeertaal)NaaldekokerC++PankreasLys van Suid-Afrikaanse musikanteKaapstadse waterkrisis 2015-2018Woordeboek van die Afrikaanse TaalEierstokBreinkaartRacheltjie de BeerKriekPeach van PletzenMagneetDriedimensioneelDie GelofteReddingskakeEuropaBestuiwingElon MuskMag (sosiale wetenskappe)Plae van EgipteIslamMaroela MediaWatersuiwering🡆 More