Hindoeïsme Atman

Atman (Sanskrit: आत्मन्) beteken die innerlike self, gees of siel.

In Hindoefilosofie, veral die Vedanta-skool van Hindoeïsme, is "atman" die eerste beginsel: die ware self van ’n individu. Om moksha (bevryding) te bereik moet ’n mens selfkennis (atma gyan) opdoen.

Die ses ortodokse skole van Hindoeïsme glo daar is ’n atman in elke lewende wese. Dit verskil van Boeddhisme, wat glo daar is geen siel of self nie.

Definisie

Die Sanskrit-woord ātman beteken "essensie, asem, siel". Dit is afgelei van die Proto-Indo-Europese woord *h₁eh₁tmṓ (’n wortel wat beteken "asem"; vergelyk die Nederlandse adem en Duitse atmen "om asem te haal"). Dit kan ook verbind word met die Griekse woord atmos, waarvan die woord "atmosfeer" afgelei is.

Atman word in Hindoeïsme beskou as ewig, onverganklik, bo tyd verhewe, "nie dieselfde as liggaam of gedagtes of bewussyn nie, maar... maar iets bo dit verhewe wat hulle almal deurdring".

Atman is ’n metafisiese en spirituele begrip vir Hindoes wat dikwels in hulle geskrifte bespreek word saam met die begrip brahman.

Verwysings

Skakels

  • Hindoeïsme Atman  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

HindoeïsmeMokshaSanskritSielVedanta

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VoëlMeervoudHepatitis BNaaktheidPokerVoortrekkermonumentOraniaWhatsAppMinki van der WesthuizenGayWurmPuberteitGemeenskapsorganisasieSid JordanTaoïsmeHondsdolheidAppel (sanger)AnglisismeNG gemeente KerkenbergCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaPlae van EgipteMadison IvyBorskankerNederduitse Gereformeerde KerkLeksikografieAnusDuitslandWetenskaplike notasieIdioomNadia ValvekensJohannes KerkorrelWikipediaCarles PuigdemontJohn PankowAfkortingDermpoliepTelegrafieJaarLys van landeDeelstate van die Verenigde State van AmerikaLissabonGeslagMajaBTWKommunistiese Party van die SowjetunieAlkoholButch en femmeWoestynSpekboomMondTab ThackerGroepsdrukItaliëDolfynHarry StylesRooijakkalsAalwynHoofpynBelgiëHipertensieTransgenderNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaVivian BonnellSonVreemde Stad (album)KapibaraKwitansieDie GelofteAngssteuringWaterpokkiesSowjetunieGerard MoerdykMenstruasieChristendomZerilda SteynSwedeNetflix🡆 More