Anne Marshall (fl.
Sy was een van die eerste generasie vroulike kunstenaars wat op die openbare toneel in Engeland verskyn het.
John Downes het in sy Roscius Anglicanus (1708) berig dat Anne Marshall een van die aanvanklike groep aktrises was wat in diens was van Thomas Killigrew en sy King's Company, toe die maatskappy in 1660 die skuif na Gibbon's Tennis Court gemaak het. Anne was hoog aangeskryf vir haar rolle in tragedies, maar sy het ook rolle vertolk waarin sy 'n vrou sou speel wat as seun gekleed was. Sy is al genoem, moontlik die "eerste Engelse aktrise"; die Desdemona in die opvoering van Othello op 8 Desember 1660. Marshall het definitief die rol van Desdemona in latere optredes vertolk. Sy het uitgeblink in gerymde heroïese tragediestukke, en "buitensporig grandiose heldinne geskep wat die gehore van die restorasie in rep en roer gehad het."
Daar word vermoed dat Marshall in 1664 die rol van Zempoalla gespeel het in John Dryden en Robert Howard se samewerking getiteld The Indian Queen. Sy het na bewering 'n goeie vertoning gelewer, maar haar stem was nie so lieflik soos Mary Betteron s'n nie. Dit is bekend dat sy die volgende rolle by King's Company vertolk het:
Anne Marshall het 'n rukkie na Junie 1665 met 'n akteur genaamd Peter Quin, oftewel Gwyn, getrou. Peter Quin is deur die polisie gesoek omdat hy sonder toestemming opgetree het. Sy het haar verhoogloopbaan as Mev. Quin voortgesit nadat teaters weer geopen het ná die plaagepidemie en die Groot Vuur van 1665 - 66. Toe sy in November 1666 teruggekeer het is sy soos 'n nuweling behandel. Sy het onderonsies met die bestuur gehad oor haar privaat kleedkamer wat oor 'n skoorsteen beskik het, en van haar weggeneem is. Sy het dit egter in Mei 1667 teruggekry. Sy het die volgende rolle vertolk:
Marshall het in 1668 van die verhoog afgetree; maar sy het haar loopbaan nege jaar later hervat, hierdie keer met Duke's Company onder Thomas Betterton. Haar eerste rol met die groep was as Angelica Bianca in Aphra Behn se The Rover in Maart 1677. (Toevallig het Marshall in 1664 dieselfde rol gespeel in die mislukte slegs-vroulike produksie van Thomas Killigrew getiteld Thomaso) Sy het ook gespeel as:
-; en ander rolle.
Anne Marshall het 'n jonger suster genaamd Rebecca Marshall gehad wat 'n paar jaar daarna by haar suster aangesluit het by die King's Company. Sy was ook 'n bekende aktrise. Hulle vader, Stephen Marshall, was 'n priester; die kapelaan van Charles Gerard, 1ste graaf van Macclesfield. Samuel Pepys maak verskeie kere melding van beide Marshall susters. Die susters het minstens een keer saam in The Maiden Queen gespeel.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Anne Marshall, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.