Adelheid Van Poitiers

Adelheid van Poitiers (945/952 – omstreeks 1004) was die dogter van Willem III van Akwitanië en Adela van Normandië (Geirlaug), laasgenoemde die dogter van Rollo en Poppa.

Sy het Koningin van Frankryk geword na haar huwelik met Hugo Capet, die Koning van die Franke (omstreeks 939 – 14 Oktober 996). Adelheid en Hugo was die stigters van die Dinastie van die Capetingers wat Frankryk tot in die 18de en 19de eeue sou regeer. As Koningin-gesellin het Adelheid 'n mate van invloed oor haar man se bestuursake gehad. Sy word tipies net kortliks genoem in verband met haar man Hugo en haar seun Robert II.

Adelheid van Poitiers
Adelheid van Poitiers

Koningin-gesellin van Frankryk
Voorafgegaan deur Emma van Italië
Opgevolg deur Susanna van Italië (Rozala van Ivrea)

Persoonlike besonderhede
Gebore Tussen 945 en 952
Sterf 1004

Biografie

Haar vader het haar huwelik met Hugo Capet in omstreeks 968 gebruik om 'n verdrag te finaliseer. Na die dood van Lodewyk V van Wes-Frankia in 987 het Hugo Capet koning van Frankryk geword, en is Adelheid gesalf en gekroon tot koningin.

Adelheid het kapelle in Senlis (Oise) en Argenteuil laat bou, en het die volgende kinders gehad:

  • Gisela (omstreeks 969), getroud met Hugo, seun van Hilduinus III van Montreuil. Hugo Capet het Abbeville (Somme), Ancre, en Domart, wat voorheen aan die Abdy van Sint-Riquier behoort het, aan die egpaar gegee. Hy het Hugo 'n leke-abt gemaak. Hierdie besittings het later die graafskap Ponthieu uitgemaak, en Hugo het voortaan bekendgestaan as Hugo I van Ponthieu (oorlede 1026)
  • Hedwig (omstreeks 970 – na 1013), getroud met Reinier IV van Henegouwen
  • Robert II van Frankryk (972 – 1031)

Voorouers

Voorouers van Adelheid van Poitiers
Groot-grootouers Ranoelf II van Poitiers (850–890)

? (omstreeks 934)
? (–)

? (–)
Rognvald Eysteinsson? (830–894)

Ragnhilda Hrolfsdottir? (omstreeks 848–892)
Berengar van Bayeux (–)

? (–)
Grootouers Ebalus van Akwitanië (873–935)

Emiliana (omstreeks 934)
Rollo (860–932)

Poppa (omstreeks 870 - na 919)
Ouers Willem III van Akwitanië (910–963)

Geirlaug van Normandië (917 – na 969)
Adelheid van Poitiers (945–1004)

Verwysings

Bronne

  • Bouchard, Constance Brittain (2001). Those of My Blood: Creating Noble Families in Medieval Francia. University of Pennsylvania Press.

Tags:

Adelheid Van Poitiers BiografieAdelheid Van Poitiers VoorouersAdelheid Van Poitiers VerwysingsAdelheid Van Poitiers BronneAdelheid Van Poitiers952100418de eeu19de eeuDinastie van die CapetingersGeirlaugPoppa van BayeuxRollo

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Menslike seksuele gedragMurraysburgNatuurDarwinismeBysteekDagga20ste eeuDermpoliepPaarl GimnasiumAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeDonderstormNatriumHulpwerkwoordSaartjie BaartmanCleopatra VIIJapanDundermVryheidsdagHorlosieAfrikaanse taalleerBestaansboerderyGreen PornoTweede WêreldoorlogVleilandToringElon MuskTierMagnetismeGrondbesoedelingKoos BekkerSeekoeiTrigeminale neuralgieAluminiumMiltHidroulikaElana AfrikaVratProteïenWerkersdagLyfstraf in skoleKolonisasieDiarreeWeervoorspellingStaatstoelaeKangogrotteBlack SashAntieke EgipteNatuurlike hulpbronMenstruasieVarkDemi Lee MooreSamestellingWaterbesparing in Suid-AfrikaIslamWêreld- Ekonomiese ForumSleutel (musiek)PoësieJazzWaterLeierLys van myne in Suid-AfrikaAfkortingMielieMensAvbobEkonomieFluoorVoortrekkermonumentSuiwelprodukEkonomiese sektorHakerNG gemeente MurraysburgXhosaLys van nedersettings in Suid-AfrikaWet op Bantoe-onderwysDolfynSelfbeeldViool🡆 More