Die 3.
Liga oftewel Dritte Liga is die derde hoogste vlak van Duitse sokker. Die liga is op 25 Julie 2008 gestig en het met die seisoen 2008–09 afgeskop.
3. Liga | |
2020–21 | |
Kenteken van die 3. Liga | |
Sportsoort | Sokker |
---|---|
Gestig | 25 Julie 2008 |
Eienaar | Duitse sokkerbond |
Inwydingseisoen | 2008–09 |
Deelnemende lande | Duitsland |
Aantal spanne | 20 |
Mees onlangse kampioen | Bayern München II (2019–20) |
Verwante kompetisies | Bundesliga 2. Bundesliga |
Die Regionalliga, wat tans uit twee stapels bestaan (Noord en Suid), sal met die inwerkingtreding van die 3. Liga die vierde vlak van Duitse sokker word en uit 3 stapels bestaan.
Anders as die Bundesliga en die 2. Bundesliga, sal reserwespanne in die 3. Liga toegelaat word. In ruil vir hierdie reg sal hulle egter voortaan nie meer aan die DFB-Pokal mag deelneem nie.
In die nuwe kompetisie-opset sal 'n maksimum van 4 reserwespanne in die eerste seisoen mag meeding, maar daarna sal hulle gepromoveer en gerelegeer word net soos enige ander klub.
Die 3. Liga sal uit 'n enkele stapel van 20 spanne bestaan. Vir die eerste seisoen sal die spanne as volg saamgestel word:
Aan die einde van die eerste seisoen (2008/09) sal die klubs wat eerste en tweede eindig direk na die 2. Bundesliga promoveer (behalwe reserwespanne, wat nie kwalifiseer vir 2. Bundesliga-lisensies nie). Die klub wat derde eindig sal 'n uitspeelwedstryd speel teen die span wat derdelaaste eindig in die 2. Bundesliga.
Die laaste drie spanne onder aan die punteleer van die 3. Liga sal jaarliks relegeer na die Regionalliga, terwyl die klubs wat eerste eindig in elk van die drie Regionalligastapels promoveer na die 3. Liga.
Klubs wat in die 3. Liga wil meeding sal om 'n lisensie moet aansoek doen, net soos vir die ander Duitse ligas. Lisensiëring is onderhewig aan gesonde finansies, 'n funksionele jeugafdeling en sekere veiligheidstandaarde by die klub se tuisveld. Die tuisveld sal verder 'n kapasiteit van mistens 10 000 moet hê om vir 'n lisensie te kwalifiseer.
Wiki Commons bevat media in verband met 3. Liga. |
3. Liga 2010/11-seisoen | |
Rooiwit Ahlen – SV Babelsberg 03 – 1. FC Heidenheim 1846 – FC Hansa Rostock – Kickers Offenbach – FC Rooiwit Erfurt – SpVgg Unterhaching – FC Bayern München II – SV Sandhausen – VfB Stuttgart II - |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article 3. Liga, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.