Jacobus Petrus Adriaanse (algemeen bekend as Beer Adriaanse; gebore 20 Mei 1985) is 'n Suid-Afrikaanse akteur, regisseur, draaiboekskrywer, en musikant.
Hy word bekend as stigterslid van die Afrikaanse musiekgroep Zinkplaat waarin hy vir 10 jaar lank die tromspeler is. Hy vertolk die rol van Thomas in die komiediereeks Hotel (2016–2020) en van Corne Hanekom in die regsdrama Fynskrif (2018–2020); beide reekse word op KykNET uitgesaai. Hy is die seun van die skrywer Wilna Adriaanse.
Beer Adriaanse | |
Geboortenaam | Jacobus Petrus Adriaanse |
---|---|
Alias | Beer |
Geboorte | 20 Mei 1985 Durbanville, Kaapprovinsie |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Skool | Paul Roos Gimnasium |
Alma mater | Universiteit van Stellenbosch Universiteit van Kaapstad |
Beroep(e) | Akteur, regisseur, draaiboekskrywer, musikant |
Aktiewe jare | 2003–tans |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Adriaanse is in Durbanville, Wes-Kaap gebore en woon Laerskool Gene Louw in Durbanville en die hoërskool Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch by. Hy verwerf 'n B.A. en B.Phil. in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch en 'n M.Phil. in film en media aan die Universiteit van Kaapstad.
Adriaanse woon in Johannesburg, Suid-Afrika.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Beer Adriaanse, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.