Wynberg Boys' High School

Wynberg Boys' High School is 'n openbare Engelsmedium hoërskool vir seuns in Wynberg, 'n voorstad van Kaapstad in die Wes-Kaap van Suid-Afrika.

Dit is in 1841 gestig en is een van die vooraanstaande akademiese skole in Kaapstad. Dit is die tweede oudste skool in Suid-Afrika.

Wynberg Boys' High School
Die skool se embleem

Geskiedenis

Wynberg Boys' High School 
Gedenkhekke

In 1841 het John McNaughton die deure van sy skool heropen, die "Established School at Wynberg", in Glebe Cottage met 16 leerlinge wat ingeskryf het. McNaughton se skool het die kothuis gedeel met die Lady D'Urban School of Industry vir jong dames.

Aanvanklik was dit 'n mede-opvoedkundige skool, maar sedert 1853 het dit slegs seuns ingeneem. Die senior- en juniorskole het tot 1943 as een skool funksioneer, waarna hulle geskei is.

Sportaktiwiteite

Wynberg Boys' High School het 'n mededingende sporttradisie. Studente neem deel aan sportkompetisies teen skole in die Wes-Kaap en soms uit ander dele van Suid-Afrika, asook af en toe kompetisies met besoekende internasionale spanne. Mededingers sluit in Rondebosch Boys' High School, Diocesan College, en Paul Roos Gimnasium sowel as South African College Schools.

Die skool bied sportgeriewe soos 'n astro-grasveld, 'n swembad, tennis- en muurbalbane, vier rugbyvelde en die WBHS-krieketveld, wat in 2010 herdoop is tot "The Jacques Kallis Oval" ter ere van die Wêreldkrieketspeler van die jaar en voormalige Wynbergleerder.

Kultuur

Die WBHS-koor het 'n groot repertoire van liedjies wat wissel van jazz tot klassieke musiek. Koorlede word professionele vokale opleiding gebied. WBHS het drie skoolgroepe: die Concert Band, die Steel Band en die Jazz Band. Die Wynberg Boys' en Girls' High-orkeste is saamgevoeg om die Combined Band te vorm en het reeds op baie interskole-geleenthede gespeel.

Verwysings

18°27′32″O / 33.99639°S 18.45889°O / -33.99639; 18.45889

Tags:

Wynberg Boys' High School GeskiedenisWynberg Boys' High School SportaktiwiteiteWynberg Boys' High School KultuurWynberg Boys' High School VerwysingsWynberg Boys' High SchoolEngelsKaapstadSuid-AfrikaWes-KaapWynberg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DramaVincent van GoghFotoSeisoenHeelgetalMonopolieNasiebouLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaProteaMagsverheffingHaasRenosterKersfeesAppendiksAardedagMaagPad na jou hartVennootskapGeallieerdes van die Tweede WêreldoorlogWeervoorspellingLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaVoortrekkersDoopGordelroosLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsOrtopedieWetenskaplike klassifikasieNierversakingNiersteenMidde-OosteNadia ValvekensKoerantAardverwarmingLys van Kaapstad se voorstedeBreinvliesontstekingHemelvaartGeslagsgelykheidGeskiedenis van kindermishandelingPseudowetenskapMiltVrystaatRoofvoëlTarentaleVerkragtingBalletJohannesburgInsekSoweto-opstandEerste WêreldoorlogAndrew DavisGeskiedenis van Suid-AfrikaPersentasiePersoon (taalkunde)Erektiele disfunksieGewone breukeOudtshoornKlem-in-die-kaakLuiperdLys van hoofstedeKoos BekkerEkonomie van Suid-AfrikaInflasiePablo PicassoErfenisTegnologieEnkelvoudige sinVergelykings (taalkunde)IdioomOorstromingWoordeboek van die Afrikaanse TaalKlimaatsverandering in Suid-AfrikaLys van slangeMagneetJaco JacobsVleilandGeslagYslandGrootste rampe in Suid-Afrika🡆 More