Die Watertrapper (Podica senegalensis) is 'n water standvoël wat voorkom aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Zimbabwe en suidwes Mosambiek.
In Engels staan die voël bekend as African finfoot.
Watertrapper | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Heliornithidae |
Genus: | Podica Lesson, 1831 |
Spesie: | P. senegalensis |
Binomiale naam | |
Podica senegalensis (Vieillot, 1817) |
Watertrappers is watervoëls wat heelwat ooreenkoms met die slanghalsvoëls vertoon, maar 'n korter en stewiger nek en snawel het. Hulle word meestal op klein, dig begroeide riviere aangetref en is besonder sku. Watertrappers leef van klein waterdiertjies wat hulle vang terwyl hulle swem of duik.
As watertrappers skrik, hardloop hulle soos bleshoenders op die water en soek so gou moontlik skuiling in digte plantegroei. Die nes word gewoonlik op 'n tak net bo die water gebou. Dit bestaan uit stokke en is met riete, gras en blare uitgevoer. Net 2 eiers word meestal in die lente gelê.
Wiki Commons bevat media in verband met Podica senegalensis. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Watertrapper, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.