Ronnie Kasrils

Ronald Kasrils (bynaam Rooi Ronnie Kasrils; gebore 15 November 1938) is 'n Suid-Afrikaanse politikus.

Hy was van 1999 tot 2004 die minister van waterwese en bosbou en van 27 April 2004 tot 25 September 2008 die minister van intelligensie. Kasrils het van 1987 tot 2007 op die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) gedien. Van 1986 tot 2007 was hy 'n lid van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) se Sentrale Komitee.

Ronald Kasrils
Ronnie Kasrils

Minister van Intelligensie
Ampstermyn
27 April 2004 – 25 September 2008
President Thabo Mbeki
Voorafgegaan deur Lindiwe Sisulu
Opgevolg deur Siyabonga Cwele

Minister van Waterwese en Bosbou
Ampstermyn
17 Junie 1999 – 29 April 2004
President Thabo Mbeki
Voorafgegaan deur Kader Asmal
Opgevolg deur Buyelwa Sonjica

Adjunkminister van Verdediging
Ampstermyn
24 Junie 1994 – 16 Junie 1999
President Nelson Mandela

Persoonlike besonderhede
Gebore 15 November 1938 (1938-11-15) (85 jaar oud)
Yeoville, Johannesburg
Politieke party ANC, SAKP
Eggenoot/-note Eleanor Kasrils († 2009)
Amina Frense (get. 2012)

Biografie

Ronald Kasrils is op 15 November 1938 in Yeoville in Johannesburg gebore. Hy is die seun van Rene (gebore Cohen) en Isidore Kasrils, twee Oos-Europese Jode wat van die tsaristiese heerskappy na Suid-Afrika gevlug het. Hy matrikuleer van die King Edward VII Hoërskool in Houghton, waarna hy sy loopbaan as 'n draaiboekskrywer begin.

Na die Sharpeville-slagting besluit hy om by die ANC aan te sluit, maar hy word in 1962 deur die regering ingeperk. In 1964 ontvang hy militêre opleiding in Odessa in die destydse Sowjetunie. Hy het dié militêre kennis ingespan om aanslagte teen die Suid-Afrikaanse magte vanaf die land se buurlande te loods. Hy het onder meer ANC-betogers gelei toe 28 mense in 1992 in die Bhisho-slagting deur Ciskeise troepe doodgeskiet is.

Hy het in die kabinette van Nelson Mandela en Thabo Mbeki gedien, eers as minister van waterwese en bosbou en later as die minister van intelligensie. Hy bedank egter na die bedanking van president Thabo Mbeki in September 2008.

Kasrils trou op 2 Februarie 2012 met die joernalis Amina Frense in Wynberg se kantoor vir binnelandse sake in Kaapstad. Dit was sy derde huwelik, nadat sy tweede vrou, Eleanor, in 2009 gesterf het.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

15 November1938ANCSuid-AfrikaSuid-Afrikaanse Kommunistiese Party

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KaapstadSelfmoordNasionalismeVincent van GoghLys van nedersettings in Suid-AfrikaKlankJaco JacobsBreinRenteJagluiperdJewgeni PrigozjinSuurreënAfrikaanse TaalmonumentLewerFabelSuid-Afrikaanse randInsekVoortrekkermonumentEugenetikaAardeEiffeltoringTamboraBeroerteSmeltpuntKongo-krisisSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Kaapstadse waterkrisis 2015-2018VersoeningsdagSuid-AfrikaHorlosieOorstromingBloeddrukJakobCleopatra VIIWêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika3D-rolprentDubbelpuntPlae van EgipteSaartjie BaartmanDikdermDistrik SesEuropaErosietipesLys van Suider-Afrikaanse soogdiereStollingsgesteenteHeuningbyVarkRobert SobukweChristendomJan van TonderMagnesiumKlopjagBorskankerVulkaanAl-FatihaStudievaardighedeLeonardo da VinciMeeueSwangerskapNatuurbewaringBeeldspraakAardbewingSout (chemiese stof)Septimius AwardsWitrenosterSenuweestelselResensieLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameUitwerking van klimaatsveranderingHeupTropiese sikloonDiarreeCradock-4Joodse kalenderToestand van materieBosluisbytkoorsStedelike hitte-eiland🡆 More