Raad Op Finansiële Dienste

Die Raad op Finansiële Dienste (RFD; Engels: Financial Services Board, FSB) is 'n onafhanklike instelling in Suid-Afrika wat deur wetgewing (Wet op die Raad op Finansiële Dienste 97 van 1990) daargestel is om die bankverwante finansiële dienste in Suid-Afrika te reguleer in die openbare belang.

Die raad se kwaliteitsbestuurstelsel is ISO 9001 gesertifiseer.

Geskiedenis

Die totstandkoming van die raad het gevolg op die aanbevelings van die Van Der Horst Komitee in 1990. Die Wet op Finansiële Advies en -Tussengangerdienste (Engels: FAIS - Financial Advisory and Intermediate Services Act) het in 2002 in werking getree en die raad se gesag is daarmee uitgebrei tot sekere aspekte van die optrede in die bankwese.

Wetgewing

Die wetgewing waarmee die Raad op Finansiële Dienste belas is om oor toesig te hou is:

  • Wet op Pensioenfondse, 24 van 1956
  • Wet op Onderlinge Bystandsverenigings, 25 van 1956
  • Wet op Finansiële Instellings (Beskerming van Fondse), 28 van 2001
  • Wet op die Finansiële Toesig oor die Padongelukkefonds, 8 van 1993
  • Wet op die Toesig oor die Rasionalisering van Finansiële Instellings, 32 van 1996
  • Wet op Langtermynversekering, 52 van 1998
  • Wet op Korttermynversekering, 53 van 1998
  • Wet op Inspeksie van Finansiële Instellings, 80 van 1998
  • Wet op Handel met Voorkennis, 135 van 1998
  • Wet op Finansiële Advies en -Tussengangerdienste, 37 van 2002
  • Wet op die Beheer van Gesamentlike Bellegingsskemas, 45 van 2002
  • Wet op Sekuriteite Dienste, 36 van 2004

Eksterne skakels

Tags:

Kwaliteitsbestuurstelsel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Erica BoyerGriekelandSamuel Cronwright309 v.C.Lys van Afrikaanse rolprenteAustraliëLys van Joodse feeste en herdenkingsVerenigde KoninkrykGurbanguly BerdimuhamedowBratislavaKalenderDroomAbdomenArgeologieTelstar 1BoomMediaWikiSloweniëMiddeleeueLandbouDuitsersAartappelReënspinnekopVingerseksVatikaanstadMondBaskelandBen Gurion Internasionale LughaweSeksSwangerskapIlya SutskeverFraktuurChristo WieseBlaaskankerPtolemeusSuzuki Vitara BrezzaFotoLys van lande volgens oppervlakNasireërJohan DegenaarAmptelike taalGeografie van Suid-AfrikaAstronoomDuitslandDierewelsynN.P. van Wyk LouwSteenkool in Suid-AfrikaOopbroninhoudSeksuele opwekkingPatriotBloeddrukGlenys LynneAfrikaansPiet BothaCaroline, Prinses van HannoverOntkiemingLys van Suid-Afrikaanse skrywersTurkyeKatalaanse WikipediaBisantynse RykMillennium-stadionWiki CommonsSpelerposisies in rugbyTegnologieEkonomie van Suid-AfrikaAbstraksie (rekenaarwetenskap)Byvoeglike naamwoordDoziKhanyi MbauOu Apostoliese KerkOogproblemeRomeinse RykArmenië🡆 More