Hier volg 'n lys van die duurste skilderye wat nog ooit verkoop is.
Skilderye wat baie waardevol is, word, as dit wel verkoop word, gewoonlik deur middel van 'n vendusie verkoop.
Die meeste van die wêreld se beroemdste skilderye is in die besit van museums, en dié verkoop dit baie selde nadat dit aangeskaf is. Hulle is dus letterlik onskatbaar baie werd; as 'n skildery soos die Mona Lisa op die mark sou beland, sal dit baie waarskynlik teen 'n baie hoër prys verkoop word as die skilderye wat hieronder gelys is. Die Guinness-rekordboek lys die Mona Lisa as die hoogste versekerde skildery in die geskiedenis. Dit is op 14 Desember1962 gewaardeer teen VS$100 miljoen.[1] As 'n mens in berekening bring dat die tydswaarde van geld verander, sal dit ongeveer VS$666 666 666,67 in 2006 gekos het. (Hierdie bedrag, asook die tydswaardebedrae hieronder, is bereken deur die inflasietabelle by KonversiefaktortabelleGeargiveer 17 Julie 2006 op Wayback Machine).
Verkoop vir $55 miljoen op 10 Mei, 1999 te Sotheby, New York (tydswaarde: $66 505 441).
Vrou met Haar Arms Gevou deur Pablo Picasso
Verkoop vir $50 miljoen op 8 November, 2000 te Christie, New York (tydswaarde: $58 479 532).
Notas
Die pryse is nie vir huidige wisselkoerse aangepas nie.
Die prys wat vir 'n spesifieke skildery betaal word is nie noodwendig 'n goeie aanduiding van die skildery se skoonheid, kulturele betekenis of gewildheid nie. 'n Baie hoë prys kan aangebied word eenvoudig net omdat twee of meer welgestelde kunsversamelaars dieselfde skildery wil hê en bereid was om heelwat daarvoor te bie.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Lys van die duurste skilderye, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses. ®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.