Limpie Basson

Limpie Basson (1930–2008) was ’n Suid-Afrikaanse akteur, regisseur en radiopersoonlikheid.

Hy onder meer vir die eertydse Nasionale Toneelorganisasie (NTO) en daarna vir Kruik en Truk toneelgespeel. Hy was bekend vir rolprente soos Fiela se Kind, waarvoor hy ’n Artes-prys ontvang het, Tant Ralie se Losieshuis en Die Spaanse Vlieg, asook TV-reekse soos Arende en Verspeelde Lente. Hy was ook ’n knap pianis.

Limpie Basson
Geboorte 1930
Sterfte 2008 (op 78)
Stellenbosch
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Akteur, regisseur, ontwerper
Rolprente Fiela se kind, Tant Ralie se Losieshuis, Die Spaanse Vlieg
Toekennings Artes (Fiela se kind)
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Loopbaan

Basson het aan die Universiteit Stellenbosch (US) studeer en was in 1949 deel van die US se eerste dramagroep. Hy het in die laat 1950's in Brittanje skoolgehou en is in die 1960's ná sy terugkeer aangestel as ’n akteur van die Transvaalse Raad vir Uitvoerende Kunste (Truk). Hy is daarna Kaapstad toe, waar hy in 1971 ’n groep professionele akteurs afgerig het wat in die destydse Departement van Kleurlingsake se diens was. Hulle het by "gekleurde" skole opgetree.

Hy het ook vir Kruik gewerk, asook vir die Maynardville-opelugteater en die "alternatiewe" teater Die Ruimte. Vir laasgenoemde teater was hy die regisseur van verskeie toneelstukke. Basson was ook jare lank omroeper by Radio Goeie Hoop.

As ’n rolprent- en TV-akteur het hy in later jare bekend geword vir produksies en reekse soos Fiela se Kind (waarvoor hy ’n Artes gewen het), Arende, Verspeelde lente, Tant Ralie se Losieshuis, Die Spaanse Vlieg en Manakwalanners.

Basson het twee weke voor sy dood ’n heupvervangingsoperasie ondergaan en was verswak. Hy is weens orgaanversaking dood.

Filmografie

As akteur:

Verwysings

Tags:

AkteurArendeDie Spaanse VliegFiela se Kind (rolprent)KruikSuid-AfrikaTant Ralie se LosieshuisTrukVerspeelde Lente

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Bek-en-klouseerVoëlgriepMeningsverskil oor aardverwarmingBTWZoeloesAngolese BurgeroorlogDroogteNoag se arkJapanVulkaanPenisKongo-krisisSendelingposisieNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyAfrikaansTweede WêreldoorlogDataverwerkingVaste stofGoudSwartkwasmuishondUitwerking van klimaatsveranderingFleetwood MacKaliumKoolhidraatVolhoubare ontwikkelingIndonesiëMusiekHugenootVoedselkettingPornhubSkilpadSkaapNasionale lied van Suid-AfrikaTradisionele literatuurGesonde dieetSikloonBlourokkeDoopIngrid JonkerTelwoordKlein-KarooLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsVingerseksMaatskaplike verantwoordelikheidEuropaLys van Afrika-landeArgitektuurLys van Suid-Afrikaanse musikanteVolkspeleVoedingChemiese reaksieRonelda KamferGalileo GalileiNylsvley-natuurreservaatWisselkoersKaapstadGeskiedenis van AfrikaansHemelvaartsdagVergelykings (taalkunde)Nasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaHondMobutu Sese SekoMoedersdagOsoonlaagGalblaasVerkoueSteenkoolHibernasieAërodinamikaAborsie in Suid-AfrikaJan van TonderTrigeminale neuralgieWapen van Suid-AfrikaMusieksimboleSinkLys van Afrikaanse rolprenteAsjantirykSeks🡆 More