Gereformeerde Kerk Zoutpansberg

Die Gereformeerde kerk Zoutpansberg was van 1859 tot 1868 ’n gemeente van die GKSA met sy middelpunt op die nedersetting Schoemansdal in die huidige provisie Limpopo.

Gereformeerde kerk
Zoutpansberg
Gereformeerde Kerk Zoutpansberg
Sluit in  Schoemansdal
Geskiedenis
Stigtingsdatum  28 Augustus 1859 (moontlik)
Datum ontbind  1868

Dis vandag onseker presies wanneer die gemeente gestig is. ’n Moontlike stigtingsdatum is wel 28 Augustus 1859, toe sewe lidmate ingeskryf is by die Kerk van Renosterpoort, distrik Zoutpansberg, aldus die notule van die Gereformeerde kerk Rustenburg, wat op 11 Februarie daardie jaar as die eerste in die hele Gereformeerde Kerk tot stand gekom het.

In die daaropvolgende week is 17 lidmate op Schoemansdal ingeskryf. In die week daarna is nog 10 lidmate op Renosterpoort en die volgende dag 11 lidmate op Doornbult ingeskryf. Op die vierde Algemene Kerkvergadering van die Gereformeerde Kerk is hulle as die gemeente Zoutpansberg verteenwoordig. Dis onbekend of dié gemeente sy eie kerkgebou gehad het, hoewel die regering van die ZAR in Augustus 1863 om grond op Schoemansdal vir ’n kerkplaats versoek is. ’n Boukommissie is ook aangewys, bestaande uit oudl. P.J.C. van Staden en broers J.H. du Plessis en N. Grobler. In 1864 is sewe standplase aan die gemeente oorgedra.

Op die Sinode van 1869 is vermeld dat die gemeente Schoemansdal deur die stryd met die plaaslike Venda uitmekaargejaag is sodat die oorblywende lidmate by die Gereformeerde kerk Waterberg (in 1858 op Nylstroom gestig) ingeskakel het. So het Zoutpansberg die eerste Gereformeerde kerk geword wat ontbind het, ruim 37 jaar voor die tweede, Holpan (in 1905).

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLimpopoSchoemansdal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MonumentCradock-4IronieSuid-AfrikaWet op Bantoe-onderwysKriekVoyeurismeKalsiumAnrich HerbstDataverwerking24 AprilSeksismeSkerpioenStollingsgesteenteSelfstandige naamwoordGalblaasLidwoordVolstruisToekoms van die AardeAntoniemAkroniemHomofoonBateJeuksiekteIslamRookgewoonteBesproeiingNic de JagerArmoedeJesus van NasaretBesnydenisBruin mensePersoonlike voornaamwoordEendbekdierEkostelselThomas EdisonMieliestronkChatGPTWaterkringloopGeslagsgelykheidGevolge van aardverwarming op oseaneTweede WêreldoorlogBeeldspraakLaeveldDeelwoordHemelvaartTemperatuurKlimaatsverandering in Suid-AfrikaBerilliumOnse VaderWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaDagboekKlinkerAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeSinoniemDurbanTermietBTWDinosourusVersamelnaamHibernasieSowjetunieLabia (geslagsdele)Angolese BurgeroorlogBalletVoornaamwoordGrondbesoedelingPlastiekGroepsgebiedewetMikro-ekonomie19de eeuByung-Chul HanEben EtzebethResensieMigrasie van diere🡆 More