Georgi Walentinowitsj Plechanof (Russies: Георгий Валентинович Плеханов; 1857–1918) was ’n Russiese rewolusionêr en Marxistiese teoretikus.
Hy was die inisieerder van die Sosiaal-Demokratiese politiek in Rusland en een van die eerste Russe wat homself as ’n Marxis beskou het. Nadat hy polities vervolg is, het hy in 1880 na Switserland geëmigreer, waar hy voortgegaan het om die tsaristiese regering in sy vaderland te probeer beëindig. Tydens die Eerste Wêreldoorlog het Plechanof voorbrand gemaak vir die Entente-lande teen Duitsland en net voor die Februarie-rewolusie in 1917 het hy na Rusland teruggekeer. Hy was gekant teen die Bolsjewisteparty onder Wladimir Lenin, maar ook teen die voorlopige regering. Hy is die volgende jaar oorlode.
Georgi Plechanof | |
---|---|
Gebore | 29 November 1857; Rusland |
Oorlede | 30 Mei 1918; Finland |
Volle naam | Georgi Walentinowitsj Plechanof (Георгий Валентинович Плеханов) |
Hoewel hy die Bolsjewiste sterk veroordeel het, is hy ná sy dood deur die Russiese Kommunistiese Party geëer as die inisieerder van Russiese Marxisme en as filosoof.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Georgi Plechanof, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.