Skip, 2000 Dongedijk

Die Dongedijk het op 15 Augustus 2000 omgekantel naby Port Said, ondanks gunstige weersomstandighede.

Die skip is bedryf deur Navigia Shipping uit Groningen.

Bou

Die skip, 'n Conofeeder 340, is in 1999 gebou deur Tille Scheepsbouw in Kootstertille. Die skip word op 23 Desember 1999 te water gelaat en op 4 Maart 2000 in gebruik geneem.

Ramp

Op 11 Augustus 2000 vertrek die Dongedijk uit Latakia, Sirië onderweg na Port Said. Al voor sy aankoms in Latakia het die skip 'n laaiplan gekry vir Port Said. Aangesien dié nie voldoen het aan die vereise vir stabiliteit nie, is besluit om eerder 12 houers nie te laai nie.

Vroegoggend op 14 Augustus meer die Dongedijk in Port Said vas. Hier word vraghouers op- en afgelaai. Die stabiliteit blyk baie marginaal te wees volgens die stabiliteitsrekenaarprogram. Die werklike dieptegang was ook groter as wat die stabiliteitsprogram bereken het volgens van die gegewens oor die massa van die houers.

Op die oggend van 15 Augustus, omstreeks 08:30, vertrek die Dongedijk weer op pad na Latakia. Om 09:00 kom die loods aan boord. Om 09:35 word 'n klein koerswysiging ingesit na bakboord. Na 5 minute kantel die skip skielik skeef oor na stuurboord, hoewel die weer baie goed was. Oor die VHF word hulp gevra van Port Said Port Control. Hulp is spoedig verleen deur 'n sleepboot, 'n loodsboot en 'n skip van die Egiptiese Vloot. Ondertussen het die skip ongeveer 50º begin kantel. Om 09:50 besluit die kaptein om die skip te verlaat. Om 10:05 stap die kaptein laaste van sy skip af, waarna ál die bemanning veilig aan wal gebring word.

Aangesien die skip in die aanloop van die Suezkanaal lê, word die skip se sleeptou aan die Egiptiese owerhede oorgelaat. Om 11:40 word die skip op 'n sandbank ten ooste van die kanaal vasgemeer. Die dag word begin met die aflaai van die houers. Hierna word begin met berging deur Port Said Shipyard, 'n onderdeel van die Suez-kanaalowerheid. Op 4 September word die skip gesleep na Port Said waar dit op 6 September vasgemeer word by die skeepswerf.

Ondersoek

Die Nederlandse Skeepsvaartinspeksie stel ondersoek in na die oorsaak van die skeepsramp. Hieruit kom na vore dat die werklike massa van die lading 3358 ton was, in plaas van die 3182 ton volgens die laaipapiere, 'n verskil wat 'n wesentlike verskil in dieptegang veroorsaak het.

Verwysings

Tags:

Skip, 2000 Dongedijk RampSkip, 2000 Dongedijk OndersoekSkip, 2000 Dongedijk VerwysingsSkip, 2000 Dongedijk15 Augustus2000Groningen (munisipaliteit)Port SaidSkip

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van bekende Suid-AfrikanersHeidelberg, GautengKaartWoordeboek van die Afrikaanse TaalPretoriaHartaanvalLeierskapAsiëKoperDataverwerkingHindoeïsmeNagmaalGeestesteuringKonsentrasiekampIngenieursweseTweede WêreldoorlogBloedsomloopstelselDialoog in fiksieSelfoonKlem-in-die-kaakSuid-AfrikaJazzKarakteriseringKitaarDonderstormRivierDriedimensioneelVryheidsmanifesHerfsVrouTsoenamiMandalaEkonomie van Suid-AfrikaVoorvoegselNag van die lang messeKongo-krisisNarkosePersentasieThomas EdisonLewerAnneli van RooyenGewone breukeSwawelWitbloedselUnited Democratic FrontLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaEkologieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeSpreeuSoweto-opstandStam (taalkunde)NaaldekokerXHTMLMynbouOntdekking van goud in Suid-AfrikaSlawernyBesproeiingHulpwerkwoordMusiekHondChemiese elementSwaziJode in Suid-AfrikaBeëdigde verklaringJan-Willem BreureNiemetaalTafelbergSkoolAbstraksie (rekenaarwetenskap)BestaansboerderyWaterbesoedelingLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaPersoonlike voornaamwoordCorioliskragMensOligopolie🡆 More