Determinisme is ’n filosofiese begrip waarvolgens elke gebeurtenis of stand van sake veroorsaak word deur vroeëre gebeurtenisse volgens die kousale wette wat die wêreld regeer en beheer.
’n Radikale interpretasie (harde determinisme) sluit die menslike vrye wil uit omdat daar nie plek daarvoor is in ’n rasionele heelal nie. In die determinisme is egter baie uiteenlopende standpunte.
Die volgende omskrywing van die begrip determinisme kom van die Fransman Pierre-Simon Laplace: ’n Intelligensie wat op ’n gegewe tydstip alle kragte sou ken wat in die natuur werk, asook die toestande van alle elemente waaruit dit opgebou is, sou as hy groot genoeg was om al hierdie gegewens te ontleed, in ’n enkele formule die beweging van die grootste liggame in die heelal en dié van die kleinste atoom kon beskryf. Vir so ’n intelligensie sou niks onseker wees nie, en hy sou die toekoms sowel as die verlede kon sien. Die menslike gees, wat die sterrekunde so volmaak leer beskryf het, is ’n flou weergawe van so ’n intelligensie.
Hiermee sê hy dus die volgende:
Dié "intelligente wese" word in die filosofie die demoon van Laplace genoem.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Determinisme (filosofie), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.