Platluis

Die platluis (Pthirus pubis) is ’n insek wat as ’n obligate parasiet op mense voorkom en uitsluitlik van bloed lewe.

Dit word gewoonlik tussen die pubiese hare aangetref. Hoewel die luis nie kan spring nie, kan dit ook aan ander dele van die liggaam voorkom wat deur growwe hare bedek word, soos die oogwimpers.

Platluis
Platluis
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Phthiraptera
Suborde:
Anoplura
Familie:
Pthiridae
Genus:
Pthirus
Spesie:
P. pubis
Binomiale naam
Pthirus pubis
Sinonieme

Pediculus pubis Linnaeus, 1758

Die mens is die platluis se enigste bekende gasheer, hoewel ’n verwante spesie, Pthirus gorillae, op gorillas voorkom. Die menslike parasiet het sowat 3,3 miljoen jaar gelede uit die Pthirus gorillae-lyn vertak. Dit is verder verwant aan die genus Pediculus, waartoe die menslike kopluis en liggaamsluis behoort, asook luise wat op sjimpansees en bonobo's voorkom.

Naam

Die orde waartoe die platluis behoort, is Phthiraptera, met ’n "phth" aan die begin, maar sy wetenskaplike naam is Pthirus pubis, met ’n "pth". Dit is gebaseer op ’n verkeerde spelling, maar is nogtans in 1985 as die amptelike spelling aanvaar.

Beskrywing

’n Volwasse platluis is sowat 1,3-2 mm lank (effens kleiner as die liggaams- en kopluis), en kan van ander spesies uitgeken word aan sy feitlik ronde lyf. Nog ’n kenmerkende eienskap is dat sy agterste twee paar bene baie dikker as die voorste bene is en groot kloue het.

Lewensiklus

Die platluis se eiers word gewoonlik op die growwe hare aan die menslike geslagsdele en perianale streek (rondom die anus) gelê. Hulle kan ook aan ander dele van die liggaam gevind word waar growwe en redelik yl hare voorkom, soos baarde, snorre, oogwimpers en armholtes. Hulle kom gewoonlik nie tusen die fyner hare van die kop voor nie.

Die wyfie lê sowat drie eiers per dag. Die eiers broei tussen 6 en 8 dae uit en die drie nimfstadiums duur 10 tot 17 dae, voordat die volwasse luis ontwikkel. Die totale lewensiklus van eier tot volwasse luis duur dus 16 tot 25 dae. Volwasse luise lewe tot 30 dae. Platluise lewe hoofsaaklik van bloed en drink vier tot vyf maal per dag bloed. Volwasse luise is 1,5-2 mm lank en plat. Hulle is baie breër as liggaams- en kopluise.

Volwasse platluise kom net op die mens voor en het menslike bloed nodig om te oorleef. As volwasse luise van die gasheer af gedwing word, sal hulle binne 24 en 48 uur doodgaan sonder bloed. Die parasiete word van mens tot mens oorgedra, gewoonlik tydens seksuele kontak, hoewel ook minder dikwels deur beddegoed of klere.

Infestasie

Platluis 
Platluise aan die oogwimpers.

Die infestasie met platluise is bekend as pediculosis pubis of phthiriasis pubis (laasgenoemde word ook met ’n "phth" gespel, nes die ordenaam). Die infestasie van die oogwimpers staan bekend as pediculosis ciliaris of phthiriasis palpebrarum.

Die hoofsimptoom van ’n infestasie is ’n gejeuk, gewoonlik in die streek van die pubiese hare. Dit is die gevolg van hipersensitiwiteit vir die spoeg van die luis en kan oor twee of meer weke ná die aanvanklike infestasie toeneem. Tydens sommige infestasie kom ’n groenblou of leikleurige verkleuring voor waar die luise bloed drink; dit kan verskeie dae duur.

Platluis 
Die neet van ’n platluis aan ’n menslike liggaamshaar.

Daar word geraam dat omtrent 2% van mense wêreldwyd platluise het, maar presiese syfers is moeilik om te bepaal omdat infestasie in baie lande nie aangemeld hoef te word nie en dit dikwels privaat behandel word.

Platluise word gewoonlik net deur noue menslike kontak oorgedra, soos tydens seks. Volwassenes word meer aangetas as kinders. Nieseksuele infestasies kan voorkom tussen gesinslede en kamermaats weens die gebruik van dieselfde handdoeke, klere, beddegoed of klerekaste. Die luise kan net vir ’n kort rukkie oorleef weg van die hitte en humiditeit van die menslike liggaam.

Daar is al voorgestel die toename in mense wat hulle pubiese hare afskeer, het in sommige dele van die wêreld tot ’n afname in infestasies gelei. Ander luise wat mense infesteer, is liggaams- en kopluise. Die kloue van hierdie drie spesies is aangepas om aan spesifieke haarbreedtes vas te klou.

Platluise dra sover bekend nie siektes oor nie. ’n Pubiese haar kan gewoonlik tot ’n dosyn luise aanhê. Hulle kom ook aan ander growwe hare voor omdat hulle kloue vir hare van ’n sekere dikte aangepas is. Simptome kan benewens ’n gejeuk, ook rooiigheid en inflammasie wees – dit veroorsaak ’n groter bloedsirkulasie na die vel van die pubiese streek en skep ’n bloedryke omgewing vir die luise. ’n Infestasie kan ook gediagnoseer word deur die identifisering van nete (eiers) aan die pubiese hare.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Platluis NaamPlatluis BeskrywingPlatluis LewensiklusPlatluis InfestasiePlatluis VerwysingsPlatluis Eksterne skakelsPlatluis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Refentse MorakeAustraliëLeierSkaakSekondêre sektor van die ekonomieHector PietersonKunsmatige intelligensieStilleweLübeckKlimaatsverandering in Suid-AfrikaKangaroeHulpwerkwoordBywoordAvbobMoedersdagTekstielWolfRefleksieKoolstofMenslike skeletGevolge van aardverwarming op oseane2001Maatskaplike verantwoordelikheidWitbloedselRassisme in AfrikaSprokieJohan BadenhorstSaartjie BaartmanOu Apostoliese KerkPinksterAfkortingPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGeskiedenis van AfrikaansVerenigde State van AmerikaElon MuskGeskiedenis (vakgebied)NatriumsulfietOmtrek, oppervlakte en volumeVreesNatuurrampPreseminale vloeistofSpinnekopVaginaKortverhaalGoeie VrydagSpelerposisies in rugbyMetafoorYslandIndustriële RevolusieJakkalsArmoedeverligtingStaalBesoedelingKontinentAkuutArabiesKlopjagVlinderPerdebyeKlavierMiddeloorontstekingOopbroninhoudOseaanbesoedelingAngssteuringHeuningbyVaginale kankerMaanMynbouAborsieSweedsVulkanismeDeelwoordSimmetrieReg tot ‘n gesonde omgewingChromatografie🡆 More