Destino

Destino is 'n geanimeerde kortfilm wat in 2003 deur die Walt Disney-maatskappy vrygestel is.

Destino is uniek in die opsig dat die vervaardiging daarvan aanvanklik in 1945 begin het, 58 jaar voor dit vir die eerste keer vrygestel is. Die projek was 'n samewerking tussen Amerikaanse animeerder Walt Disney en Spaanse skilder Salvador Dalí, met musiek geskryf deur die Meksikaanse liedjieskrywer Armando Dominguez.

Destino
Regisseur Dominique Monféry
Produksieleier Baker Bloodworth
Roy E. Disney
Draaiboek Salvador Dalí
John Hench
Donald W. Ernst
Musiek deur Armando Dominguez
Aangepas deur:
Michael Starobin
Redigeerder Jessica Ambinder-Rojas
Ateljee Disney Studios Frankryk
Verspreider Walt Disney Pictures
Uitgereik 2003
Speeltyd 7 min
Land Frankryk
Taal Engels
IMDb-profiel

Die beelddraaiboek vir Destino is oor 'n tydperk van agt maande deur Disney ateljeekunstenaar John Hench en Dalí in laat 1945 en 1946 ontwikkel. Finansiële oorwegings het egter veroorsaak dat Disney produksie moes stop. Die destydse Walt Disney Ateljees het na die Tweede Wêreldoorlog gebuk gegaan onder finansiële probleme. Hench het 'n kort animasietoets van omtrent 18 sekondes voltooi in die hoop dat dit Disney se belangstelling in die projek sou laat herlewe, maar produksie is nie meer as finansieel vatbaar beskou nie en is onbepaald uitgestel.

In 1999 het Walt Disney se kleinneef Roy Edward Disney, terwyl hy aan Fantasia 2000 gewerk het, op die dormante projek afgekom en besluit om dit weer aan die gang te kry. Disney Studio's Frankryk, die maatskappy se klein Paryse produksiedepartement, is aan boord gebring om die projek te voltooi. Die kortfilm is deur Baker Bloodworth vervaardig en die regie is deur die Franse animeerder Dominique Monfrey behartig in sy eerste rol as regisseur. 'n Span van ongeveer 25 animeerders het Dalí en Hench's se kriptiese beelddraaiboek ontsyfer (met 'n bietjie hulp uit Dalí se vrou Gala Dalí se dagboek) om Destino' se vervaardiging te voltooi. Die eindresultaat is hoofsaaklik met tradisionele animasie tegnieke bewerkstellig, insluitend Hench se oorspronklike materiaal, maar daar is ook van rekenaaranimasie gebruik gemaak.

Destino se première was op 2 Junie 2003 by die Annecy Internasionale Geanimeerde Filmfees in Annecy, Frankryk. Die ses-minute kortfilm volg 'n danseres soos sy deur surrealistiese tonele geïnspireer deur Dalí se skilderye dans. Daar is weinig dialoog, maar die kortfilm maak gebruik van 'n agtergrond van opera-styl musiek.

Die film het verskeie toekennings ontvang en dit is in 2003 vir 'n Oscar genomineer. "Destino" is die Spaans, Portugees en Italiaanse woord vir lot of voorbestemming.

Eksterne skakels

Tags:

19452003MeksikoSalvador DalíSpanjeVSAWalt Disney

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AfrikaansBolsjewisGeskiedenis van Suid-AfrikaTeologieBoomBloedgroepPornografiese subgenresKoekie (rekenaarwetenskap)TaalwetenskappeSelfbeeldHoofpynMusieksimboleMeksikoHermie HendriksKarretjiemenseISBNOrgasmeNigerLetterlike en figuurlike taalgebruikPeter von GommGuinee-BissauLys van elemente volgens simboolGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaWladimir PoetinEdmund HillaryMotorvoertuigErnst van der WaltGeelslangRina HugoTafelbergGuineeGodMarita NapierWiskundige terminologieTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinTsjeggo-SlowakyeGezina, PretoriaLatynFukuokaIngrid WinterbachIntensiewe vormMediaWikiOutismeAngkor WatSokkerPort SaidAlex KrizhevskyRomeinse RykBisantynse RykKursiefMachu PicchuSannie Uys (skrywer)MinervaRugbySt Giles' CathedralSaaltennisUtahVerenigde State van AmerikaSaudiaByPenisComrades-maratonMasturbasieMenstruasieUniversiteit van die WitwatersrandGuillain-Barré-sindroomSonnestelselIndies-Pakistanse Oorlog van 1965Isambard Kingdom BrunelVictoria AzarenkaProxima Centauri bOlimpiese Somerspele 2004Anrich HerbstJohann RossouwIndië🡆 More