Bobbejaan-Se-Dood

Bobbejaan-se-dood of gemsbokhoring (Sansevieria pearsonii) is 'n spesie in die genus Sansevieria in die divisie van bedeksadiges (blomdraende plante, Angiospermae) in die koninkryk van plante (Plantae) en is inheems aan Suid-Afrika.

Dit kom in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo voor. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' (LC) gelys.

Bobbejaan-se-dood
Bobbejaan-Se-Dood
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
(geen rang):
Monocots
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Nolinoideae
Genus:
Spesie:
S. pearsonii
Binomiale naam
Sansevieria pearsonii
N.E.Br.
Sinonieme
  • S. deserti N.E.Br.
  • S. rhodesiana N.E.Br.

Dit is 'n meerjarige vetplant wat 1 m hoog kan word en 'n waaier van harde, geribde, silindriese blare het wat mekaar naby die grond oorvleuel. Die blare het 'n skerp punt. Die plant kry are van geurige, roomkleurige blommetjies wat gewoonlik in die nag oop is. Die vrugte is groot oranje bessies wat deur die voëls gewaardeer word. Dit groei goed in die skaduwee of halfskaduwee. Die plant groei en versprei vanuit 'n wortelstok en kan groot kolonies vorm. Die blare word geoes omrede dit sterk vesels bevat wat tot tou verwerk word.

Fotogalery

Verwysings

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MierleeuCalviniaFinale OplossingGroenSkaapTelevisieKaapse MaleiersGesonde dieetEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaVliegtuigAsemhalingLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaXhosasPrivaat maatskappyKlankverskynselsAnrich HerbstPornografiese subgenresKommunismeWoestynHemelvaartsdagHerpes simplexOsmoseLangste woordSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieGasVoëlDikdermNamibiëSaartjie BaartmanChristendomEpilepsieOmanMenstruasieRolprentPoësieSuid-Afrikaanse GrensoorlogDroomKerngeneeskundeMierKuberkrakerMielieAardbewingSinoniemLas (rekeningkunde)Lys van landeLikkewaanGalblaasBreinBevolkingSuikerbekkiesGeskiedenis van erotiese afbeeldingsMonoloogXHTMLMateriaalInligtingPampoentjiesJohannesburgDolfynRuslandPussy RiotAfleiding (taalkunde)DieregeluideKrugerwildtuinRugbyViëtnamoorlogEskomNylsvley-natuurreservaatRobbeneilandKragopwekkingNoord-KaapStaalKlinkerAnusLys van kinderspeletjiesViëtnam🡆 More