Bahrein Internasionale Renbaan

Die Bahrein Internasionale Renbaan (Arabies: حلبة البحرين الدولية) is 'n motorsportplek wat in 2004 geopen is en waar die jaarlikse Bahreinse Grand Prix plaasvind.

Bahrein Internasionale Renbaan
Ligging Sakhir, Bahrein
Tydsone UTC+03:00
Koördinate 26'1"57 N 50'30"38 O
Kapasiteit 70 000
FIA Gradering 1
1e Sooispit Desember 2002
Geopen 17 Maart 2004
Boukoste 56,2 miljoen Dinars (VS$ 150 miljoen)
Argitek Hermann Tilke
Groot byeenkomste Formule Een
Bahreinse Grand Prix
6-uur uithouren van Bahrein
Desert 400
FIA GT kampioenskap
Grand Prixrenbaan
Lengte 5,412 km (3,363 mi)
Draaie 15
Rondterekord 1:31.447 (Pedro de la Rosa, McLaren, 2005)
Uithoubaan
Lengte 6.299 km

Die 2004 Bahreinse Grand Prix was die eerste Formule Eenren wat in die Midde-Ooste plaasgevind het. Sedert 2006 het Australiese V8 Supermotors elke jaar hier gejaag, in 'n byeenkoms wat as die "Desert 400" bekend gestaan het. Die V8 Supermotors het egter nie vir die 2011 seisoen teruggekeer nie. 24-uur uithourenne en versnelrenne vind ook hier plaas. Die baan beskik oor 'n FIA Graad 1-lisensie.

Bahrein Internasionale Renbaan

Uitdaging

Soos alle nuwer bane (Maleisië, China en Turkye), is die baan in Sakhir ongeveer 30 km vanaf die poorte van Manama deur die Duitse argitek Hermann Tilke ontwerp.

Die besondere uitdaging van Bahrein is dat die wedren in die woestyn plaasvind. Benewens die soms drukkende hitte, het die motors ook groot probleme met klein sand- en stofdeeltjies in die transmissie-, enjin- en koelinlaat, of op die remkussings, wat kan lei tot die faal van hierdie komponente.

Verwysings

Tags:

ArabiesBahreinse Grand Prix

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GoudKaapse VlakteWikiKalenderWalvisMynbouVoortrekkersSkildklierKlavierViëtnamoorlogWolkAfrikaanse naguilPinksterAkuutVerkleurmannetjieKrimpvarkieBotswanaSuid-EuropaHemelvaart24 AprilVerkleinwoordBrandstofGalileo GalileiNiemetaalLabia (geslagsdele)BreinvliesontstekingDirekte en Indirekte redeStollingsgesteenteJohann de LangeDiarreePirow BekkerKlimaatsverandering in Suid-AfrikaDieregeluideInternetMorfologie (taalkunde)ProteïenBruto binnelandse produkDwelmmiddelGeskiedenis van AfrikaansBeëdigde verklaringErosietipesJuraErfenisdag (Suid-Afrika)Kappie (skryfteken)Vlag van Suid-AfrikaVulkaanPiesangHibernasieRina HugoSendelingposisieSout (chemiese stof)Google TranslateBronsBernice WestOorkruipersNiersteenFinale OplossingDataverwerkingKoperElektroniese of digitale mediaBysteekAarverkalkingVoyeurismeDoziSirkelKevin RuddBrongitisDonkiePolitieke partyDuitsOranjerivierAB de VilliersMigrasie van diereKongo-krisisLeierskapByEendbekdier🡆 More