12 Canis Majoris

12 Canis Majoris is ’n veranderlike ster 184 ligjare van die Son af in die suidelike sterrebeeld Groot Hond (Canis Major).

Dit het die veranderlikesternaam HK Canis Majoris (12 Canis Majoris is sy Flamsteed-naam). Met ’n skynbare magnitude van 6,07 is dit net-net met die blote oog sigbaar as ’n dowwe, blouwit ster. Dit beweeg weg van die Son teen ’n radiale snelheid van 16 km/s. Dit is die helderste ster in die nabyheid van die oop sterreswerm NGC 2287, hoewel dit na aanleiding van sy eiebeweging waarskynlik nie lid daarvan is nie.

12 Canis Majoris
Sterrebeeld Groot Hond
Spektraaltipe B7 II/III of B5 V
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 06h 47m 01.48373s
Deklinasie -21° 00′ 55.4494″
Skynmagnitude (m) 6,07 of (6,00-6,05)
Absolute magnitude (M) -0,81
B-V-kleurindeks  −0,159±0,004
Besonderhede
Massa (M) 1,25
Radius (R) 2,73
Ligsterkte (L) 497,88
Temperatuur (K) 15 830±60
Rotasiespoed (km/s) 9,5±0,3
Metaalinhoud [Fe/H] -0.37
Eienskappe
Veranderlikheid SX Arietis
Ander name
HK CMa, F 12 Cep, BD−20°1576, FK5 817, HD 49333, HIP 32504, HR 2509, SAO 172318, GC 8884
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die ster het ’n sterreklassifikasie van B7 II/III, wat ooreenstem met dié van ’n B-tipe reus/helder reus. Dit is ’n magnetiese Bp-ster van die soort met min helium (CP4), met ’n spektrum wat getuienis toon van vertikale stratifikasie van helium in sy atmosfeer. Samus et al. (2017) klassifiseer dit as ’n SX Arietis-veranderlike met ’n helderheid wat oor ’n periode van 2,18045 dae wissel van magnitude 6,00 tot 6,05.

Die ster se massa is 1,25 keer dié van die Son en sy radius 2,73 keer die Son s’n. Sy ligsterkte is 498 keer dié van die Son en sy effektiewe temperatuur is 6 500 K.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

EiebewegingFlamsteed-naamGroot HondLigjareNGC 2287Radiale snelheidSkynbare magnitudeSonSterrebeeldSterreswermVeranderlike ster

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HokkieKookpuntSquare danceJohannesburgJodiumGroot-Brakrivier (dorp)Lys van Suid-Afrikaanse skrywersMahatma GandhiZoeloesOlifantWetenskaplike metodeSeekatAppel (sanger)Erfenisdag (Suid-Afrika)Politieke partyGroot TrekSomerSkildklierGqeberhaKommunikasieNamibiëBoelieryRMS TitanicLeenwoordOrale seksApokriewe boekeVlieg (dier)DroomTuberkuloseHector PietersonKhoikhoiGriepSlag van BloedrivierTweede WêreldoorlogKindermishandelingIngrid JonkerBeesBeaufortskaalHemelvaartGronddegradasieVoedselkettingJoodse kalenderOsoonuitputtingKlimaatsverandering in Suid-AfrikaKoue OorlogJo BlackSenuweestelselDriedimensioneelBraaiLieweheersbesieVlinderOntbossingRacheltjie de BeerElizabeth II van die Verenigde KoninkrykKoolstofVreesEugenetikaGrondSkeurbuikGrootste rampe in Suid-AfrikaAfro-AmerikanersSonkragIdioomAnilingusKlimaatKewerGrondwet van Suid-AfrikaPad na jou hartVerantwoordelikheidSowjetunieSonnestelselVolhoubare ontwikkelingSoweto-opstandOmgewingskwessies in Suider-AfrikaHipoteseTrappe van vergelykingOnderhandelinge om apartheid te beëindig🡆 More