Witkruismonument: Monumentkompleks in Limpopo, Suid-Afrika

Die Witkruismonument of Plaasmoordemonument is 'n monumentkompleks langs die N1-roete tussen Potgietersrus en Pietersburg, wat opsigtelik teen die helling van Ysterberg geleë is, op privaat eiendom van die Harmse-familie.

Op die area van sowat 5 hektaar word sedert 16 Junie 2004 simboliese witgeverfde metaalkruise geplant vir elke sterfte tydens 'n Suid-Afrikaanse plaasaanval. 925 van die sowat 3 000 wit metaalkruise teen die randjie is in 'n opvallende sentrale kruisvorm gerangskik om die Christelike aard van die monument te beklemtoon. Sowat 20 rooi kruise aan die bokant van die monument verteenwoordig plaaslike ongevalle. In 2020 en 2022 is verdere monumente aan die voet van die kruisveld aangebring.

Witkruismonument: Bewusmaking, Bestuur en verrigtinge, Kyk ook
Naasbestaandes plant kruise vir slagoffers van plaasaanvalle. Bill Gobey is in 1987 in die gesig geskiet en sy gade te Hekpoort doodgeskiet toe rowers 'n kluis uit hul rondawel wou steel.

Bewusmaking

Boere het in 2004 wit kruise vir bewusmaking van plaasmoorde langs die N1 opgerig. Sanral en die padowerheid het egter daarteen beswaar gemaak sodat die kruise verder teen die rant op verskuif moes word. 300 lede van die gemeenskap het op 16 Junie 2004 vergader en die eerste kruise op die plaas van die destydse eienaar, mnr. Stephan van der Walt, geplant. Dr. Neels Roelofse, kriminoloog aan die Universiteit van Limpopo, en sy eggenote Rina, het aanvanklik die leiding geneem. Daar was aanvanklik 1 200 identiese kruise wat elkeen 7 kg weeg. In 2010 was daar 'n oplewing in belangstelling in die monument, waarop die plaaslike geloftefeesmaatskappy reëlings met die nuwe grondeienaar aangegaan het rakende besoeke, restourasies, aanvullings en 'n eerbetoondag.

Die getal kruise het aangegroei tot 2 506 teen 2020, 2 575 in 2022, en tot net minder as 3 000 in 2023. Een daarvan gedenk die alombekende Eugène Terre’Blanche, en twee kruisplanters het sedertdien ook in plaasaanvalle gesterf, naamlik Josef Payne (71) van Standerton en Nicky Janse van Rensburg (35) van Roedtan. Die jongste slagoffer wat hier gedenk word is Wilmien Potgieter (2) van Lindley. In 2020 is 'n granietkruis met graniettablet aan die voet van die kruisveld opgerig. In 2022 is ook 'n bronsstandbeeld van die beeldhouer Jaco van Niekerk bygevoeg. Dit beeld 'n parate boer ("Gert" gedoop) en sy swanger vrou uit – 'n allegorie van die bestaanstryd aan die suidpunt van Afrika.

Bestuur en verrigtinge

Witkruismonument: Bewusmaking, Bestuur en verrigtinge, Kyk ook 
Voorvalle van plaasaanvalle en -moorde van 2010 tot 2023

Die jaarliks groeiende monument is 'n gemeenskapsprojek en word met privaat skenkings jaarliks op datum en in stand gehou. Lita Cross Fourie, wat haar ouers en kennisse aan plaasmoorde afgestaan het, was van 2009 tot haar oorlye in 2023 aan die hoof van verrigtinge, en het die nodige statistiek bygehou. Aangesien die SAPD nie doelgerig statistiek omtrent plaasaanvalle en -moorde byhou nie, is die nodige statistiek aangevul uit verskillende webwerwe, benewens omvattende statistiek wat deur die Tabita-organisasie opgestel is, en inligting uit die boek “Treurgrond” deur Dirk Hermann, Chris van Zyl en Ilze Nieuwoudt wat 'n oorsig bied oor die jare 1990 tot 2012.

Sedert 2020 se saamtrek is reëlings getref om die terrein van die N1 af te bereik, wat die voormalige ompad systap. Die 2020-saamtrek is deur meer as 'n duisend mense bygewoon, en 64 nuwe kruise is geplant. Tydens 2023 se aandprogram op die 15de September is die kruise verlig, gevolg deur 'n konvooi-optog met die N1 langs op die oggend van die 16de. Dit is gevolg deur die kruisoorhandigings (47 nuwe kruise) en die afvuur van 'n replika van die Grietjie-kanon.

Kyk ook

Verwysings

29°12′14″O / 24.08056°S 29.20389°O / -24.08056; 29.20389

Tags:

Witkruismonument BewusmakingWitkruismonument Bestuur en verrigtingeWitkruismonument Kyk ookWitkruismonument VerwysingsWitkruismonumentHektaarN1 (Suid-Afrika)PietersburgPotgietersrusYsterberg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VoortrekkermonumentJodiumBiljoenGeslagJaarWetenskaplike klassifikasieQBob JolesGewone luislangBundesligaWaterbesoedelingNierTandbederfJaco JacobsPlettenbergbaaiHondsdolheidNoorweëTydbestuurMielieGerard MoerdykVoortplantingGebande muishondBosluisKatastrofiese beseringsVeelrassige pornografieAarde se atmosfeerWerner AbrolatRusty SchwimmerAfrikaanse taalleerEpilepsieVreemde Stad (album)Geskiedenis van erotiese afbeeldingsJohannes KerkorrelAEkonomieGeorge-museumWynRichard KlineGeorge BallotTom Weston-JonesTransgenderKoggelmanderDanie Botha (musikant)SkilpadKonjunktivitisEb-3 visaFrankfurt SkoolAfrikaanse gesegdes uit die MiddeleeueEstlandKewerKapitaal (ekonomie)Vergelykings (taalkunde)WoordsoortVerenigde KoninkrykMadison IvyAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeSpringbokkeSoogdierNetflixLeeuSemenLekkerruikpeulSeksspeeldingEjakulasieCPlaneetSatellietDoelwitSirkelSeksuele penetrasieWapen van Suid-AfrikaBroodbomeEikel🡆 More