Anastasius III was 'n teenpous tydens die pontifikaat van Pous Benedictus III.
Teenpous Anastasius III | |
---|---|
Bynaam | Bibliothecarius |
Geboortedatum | ongeveer 810 |
Sterfdatum | ongeveer 879 |
Teenpous van | Pous Benedictus III |
Begin van pontifikaat | April 855 |
Einde van pontifikaat | September 855 |
Anastasius is deur Pous Leo III in 847 benoem as kardinaal-priester. Op 16 Desember 850 word hy ontslaan as kardinaal deur die sinode van Rome en op 8 Desember 853 deur 'n volgende sinode geëkskommunikeer omdat hy uit Rome gevlug het en nie teruggekeer het nie. Na die dood van Pous Leo III in April 855 nadat Pous Benedictus III verkies is, stel Anastasius homself aan as pous met die steun van keiser Lotharius (ander bronne gee Lodewyk II). In September 855 neem hy Benedictus gevange. Anastasius het egter te min steun gehad om sy posisie te behou. Aan die einde van September word Benedictus as pous gekroon.
Anastasius word aangestel as die ab van S. Maria in Trastevere en in 867 word hy deur Pous Adrianus II aangestel as die bibliotekaris van die Rooms Katolieke Kerk, vandaar sy bynaam “Bibliothecarius”. Hy skryf die kroniek “Chronographia tripertite” gebaseer op die geskrifte van Georgios Synkelios, Teofanus en die patriarg Nikephoros. In 869 neem Anastasius deel aan die laaste sitting van die konsilie van Konstantinopel.
Daar is teenstrydigheid oor die feit dat teenpous Anastasius en bibliotekaris Anastasius dieselfde persoon is. Hincmar van Reims in sy “Annale van St. Bertin (868)” het hulle oorspronklik as dieselfde persoon identifiseer. Hergenröther haal Photius aan om te beweer hulle is wel dieselfde persoon terwyl Joseph Langen beweer hulle is verskillende persone.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Teenpous Anastasius III, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.