Stephen Bradley Saad (gebore Junie 1964) is 'n Suid-Afrikaanse miljardêr-sakeman, wat die stigter en uitvoerende hoof is van Aspen Pharmacare, die grootste vervaardiger van generiese medisyne in Afrika.
Stephen Bradley Saad is in Junie 1964 vir Libanese ouers gebore, en het in Durban, Suid-Afrika, grootgeword. Hy was op skool aan die Hoërskool Durban. Hy het aan die Universiteit van Natal gegradueer, waar hy 'n Baccalaureus in Handel ontvang het. Hy het rugby in Ierland gespeel en gestudeer om 'n geoktrooieerde rekenmeester te word.
Hy het sy loopbaan begin by Quickmed, 'n verspreidingsmaatskappy van voorskrifmedikasie in swart townships tydens apartheid. Op die ouderdom van nege-en-twintig het hy sy aandeel in Covan Zurich vir VS$3 miljoen verkoop en sodoende 'n miljoenêr geword.
In 1997 was hy saam met Gus Attridge 'n medestigter van Aspen Pharmacare, 'n publieke maatskappy wat op die Johannesburgse Aandelebeurs verhandel word. Die maatskappy het die grootste produsent van generiese medisyne op die Afrika-kontinent geword. Hy dien as sy uitvoerende hoof en Gus Attridge as sy adjunk- uitvoerende hoof, en dien op sy direksie. In 2011 was hy VS$640 miljoen werd en het hy een van Afrika se 40 rykste mense geword.> Sy aandeleportefeulje het in 2013 met 75% gestyg. Hy is nou VS$1,4 miljard werd.
Daarbenewens is hy voorsitter van die Sharks, 'n rugbyunie in Durban. Hy dien ook op die raad van trustees van sy alma mater, die Hoërskool Durban. In 2014 is 'n eredoktorsgraad deur die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit aan hom toegeken vir die positiewe rol van Aspen in die stad Gqeberha.
Hy woon in Durban en spandeer tyd by sy privaatreservaat in die Sabi Sand-wildreservaat langs die Krugerwildtuin. Hy is getroud en het vier dogters.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Stephen Saad, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.