’n Kirkwoodgaping is ’n gaping of afname in die verspreiding van die halwe lengteas (of die periodes) van die wentelbane van asteroïdes in die hoofgordel.
Dit stem ooreen met die ligging van die wentelresonansies met Jupiter.
Daar is byvoorbeeld baie min asteroïdes met ’n halwe lengteas naby 2,5 AE, of ’n periode van 3,95 jaar, dus in ’n 3:1-resonansie met Jupiter (drie omwentelings vir elke omwenteling van Jupiter). Ander resonansies stem ooreen met ander heelgetalverhoudings tot Jupiter se wentelperiode. Die swakker resonansies lei tot ’n uitputting van asteroïdes, terwyl pieke in die histogram dikwels voorkom vanweë die teenwoordigheid van ’n prominente asteroïdefamilie.
Die gapings is in 1866 die eerste keer opgelet deur Daniel Kirkwood, wat ook hul oorsprong in die wentelresonansies met Jupiter reg voorspel het terwyl hy ’n professor in Canonsburg, Pennsilvanië, was.
Die meeste Kirkwoodgapings is uitgeput, anders as die resonansies van Neptunus of Jupiter se 3:2-resonansie, wat voorwerpe behou wat vasgevang is tydens die groot planete se migrasie volgens die Nice-model.
’n Relatief klein getal asteroïdes is wel onlangs ontdek wat ’n groot eksentrisiteit het en in die Kirkwoodgapings lê. Hulle sal egter eindelik uit die resonansie wegbreek vanweë wisselwerkings met ’n groot planeet.
Die grootste Kirkwoodgapings is geleë by:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kirkwoodgaping, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.